Thursday, November 30, 2006

Quote van die week...

Andries, Saterdagaand, na sy tweede glas wyn:

"It's incredible that I'm normal!"





(Ek het begrip daarvoor dat dit dalk nie vir almal so snaaks soos vir my sal wees nie. Mens moes dalk liewer daar gewees het...)

Tuesday, November 28, 2006

'n Nuwe begin vir my en jou...

Vanmore om 1:00 is ek aan die slaap gesus deur die wondersoete klank van my nuwe wasmasjien se slosh-slosh wiegelied...

Salig.

Monday, November 27, 2006

Die wasmasjien (Epiloog...)

Ek het pas die tyding gekry. Ons kleintjie het 15:45 gearriveer.

Sak Sarel!

Dorothy het 'n ding begin. Hier is my bydrae:

  • 1 x beursie
  • 1 x ID boekie
  • 1 x boekie met 7 winkel kaarte (ie. Woolies, @Home, etc.)
  • 1 x botteltjie #8 Natura Biochemic Tissue Salts pilletjies(help vir: Cramps, Spasms, Headaches)
  • 1 x botteltjie Nasonex neussproei
  • 1 x hourtjie Heel Traumeel pilletjies (help vir inflammasie van spiere)
  • 1 x botteltjie Weleda Sambucus Comp. Sinus, Post-nasal Drip Remedy (speaks for itself)
  • 1 x buis Nivea Soft vogroom
  • 1 x Visual Diary (A5 grootte - inhoud is my geheim)
  • 1 x The English Patient deur Michael Ondaatje (2005 Kersgeskenk van my ma - koevert as boekmerk in die middel van die boek)
  • 1 x Pick 'n Pay kwitansie (vir Drain Cleen Granules. Datum: 18/11/2006)
  • 1 x R50 afslag geskenkbewys van Edgars (van die Club, omdat ek in November verjaar)
  • 1 x kwitansie van Hi-fi Corporation vir 'n AEG wasmasjien, 'n multiplug, en afleweringsfooi (datum: 31/10/2006)
  • 1 x refund kredietkaartstrokie van Hi-fi Corporation vir bogenoemde items (datum: 23/11/2006)
  • 2 x restaurant pepermente
  • 2 x sjokolade balletjies wat ek Sondag by 'n skouhuis gevat het (is wonderbaarlik nog rond!)
  • 1 x Woolies still spring water (ook by skouhuis gevat)

Dit was bevrydend.

Dankie.

Wasmasjien: Update... (6 - die einde van die sage)

Donderdag oggend het ek my studies onderbreuk (yea right) en die pad gevat na Atterbury Value Mart. Dit is tans chaos daar. Hulle is besig om die parkade te vergroot. Heel onder - aan die stad se kant - is Hifi Corporation geleë. Dis daar waar ek toe ingaan.

Binne in die winkel neem dit my 'n geruime tyd om iemand se aandag te trek. Uiteindelik vra ek 'n blondekop seun om vir Oliver te roep, sodat ek met hom kan praat (Oliver Dove is die bestuurder van Hifi Corporation se Atterbury tak).

Oliver vat sy tyd voor hy met my kom praat.

Ek sê vir Oliver ek wag nou vier weke en twee dae vir my wasmasjien en ek dink ek wil my geld terug hê. Oliver kyk my 'n rukkie aan... Oliver vra of ek nie dalk eerder 'n Samsung of LG wil hê nie, want hulle is ook goed, en hoekom spesifiek AEG. Ek sê needankie. AEG is persoonlike smaak en keuse. Oliver sê hy is jammer, maar AEG se verspreiders hou hom aan 'n leintjie. Ek sê ook ek is jammer. I will not budge... Oliver sê fine. Ek sê great. Ek kry my geld terug. Ek is bly.

Dis toe nou kort daarna wat ek begin agterkom dat niemand in Pretoria voorraad van AEG wasmasjiene het nie...

Op die ou end is die einste Atterbury Hifi Corp die enigste iemand met voorraad - teen Saterdag inelkgeval. Maar ek is te trots om terug te gaan. Die prys is inelkgeval R300 duurder.

Saterdagmiddag pak ek af Menlyn toe. Ek wil net sê, vir enige persoon wat compus mentis is, en so wil bly: moenie oor 'n naweek Menlyn toe gaan nie! (Ek wou op 'n stadium op die 3 verdieping hoë kersboom spring en uitskreeu: Kersfees is nog 'n maand weg! Wat soek julle hier?!)

Nietemin.

Ek spring toe vinnig by Game in - wel, so vinnig as wat die stroom mense my toegelaat het. Ek steek my trots in my sak, en aanvaar die demo model wat op die vloer staan. Daar is 'n klein krapmerjie aan sy kant, en ek kry R300 afslag - R100 minder as die aanvanklike bedrag by Hifi Corp.

Ek is gelukkig.

My masjien word vannaand afgelewer.

Ek wonder wat ek met al die spasie in die kamer gaan doen waar die berg vuil klere homself tans lê en evoleer?

Thursday, November 16, 2006

Tyd vir 'n breuk...

Die baas gaan op verlof vir 'n week, wat beteken dat Adam ook af is vir 'n week.

Ongelukkig is Adam nie op verlof nie. Adam moet swot. Adam moet swot. Adam moet regtig swot. Adam skryf Januarie eksamen. Adam is gespanne oor Januarie se eksamen. Adam het nog niks geswot vir Januarie se eksamen nie. Adam se baas voel dat Adam sy Honneurs heeltemaal te rustig hanteer. Adam weet dit. Dit doen niks vir Adam se spanningsvlakke nie...

So, Adam gaan stil wees vir 'n week.



Adam is nie dood nie.

Lank lewe Adam.

Wednesday, November 15, 2006

Om te trou, of om nie te trou nie. Dit is die kwelpunt...

Waarskuwing:
Hierdie post handel oor moffies, troues en die kombinasie van die twee.
Die woord 'ek' verskyn ook telkemale in hierdie post.
Ek vra omverskoning vir enige aanstoot gegee.

(Lees: ek is jammer dat jy nie in staat is om mense met vreemde seksuele oriëntasies te aanvaar nie, maar dat ek net wil hê jy moet weet dat ek helemaal fine is met my oriëntasie...)



JHR vra my toe mos in die middel van Maandagaand se paartie of ek en An3s die Civil Union ding gaan doen... Ek antwoord toe grappenderwys dat ek nog helemaal te Calvinisties is om deel te wees van 'n gay huwelik.

Ek wil myself graag verduidelik. Ek het reeds omverskoning gemaak vir al die "ek'e" wat in hierdie post gaan verskyn. Dit is my ervaring van die hele dinamika agter my eie gay-wees. Please bear with me...



Iewers in die laat laerskool vroeë hoërskool (daai tyd wat oumas en tantes jou begin peper met vrae oor die amoreuse in jou lewe) het ek begin besef dat vrouens my nie beskore is nie. My antwoord op voorgenoemde vrae was gewoonlik dat daar niemand in my lewe is nie. Hoekom dan nie?

Verduideliking #1: Meisies is te veel moeite.

Aan alle dames, ek probeer niks hierdeur insinueer nie. Dit was bloot 'n grashalpie om my off-the-hook te kry by nosy familielede. Hierdie antwoord het gewoonlik die gewensde uitwerking gehad.

Later het my ma my ook begin corner oor my meisie-lose toestand. Die feit dat ek in 'n seunskool was en omtrent 3 meisies geken het, was nie ter sake nie. Met my ma het ek die a-seksuele verduideliking probeer...

Verduideliking #2: Ek gaan nie trou nie.

Ek het gedink dis 'n goeie manier om my ma te begin soft-soap vir die ergste. Later het dit egter begin vassteek, en het ek myself begin soft-soap vir dit wat ek nie op daardie stadium wou weet nie.

So het ek myself begin brainwash dat ek nooit sal trou nie. Dit was die maklike deel.

(Eintlik moes ek lankal geweet het wat kom. Byvoorbeeld, toe ek in Standerd 1 begin musiek uitsoek vir tydens my huweliksbevestiging se kerkdiens. Ek het die arme bruid toe al jammer gekry, want ek het geweet sy gaan nie veel sê hê in die verrigtinge nie. Vir al wat sy weet gaan ek nog die rok ook uitsoek...)

Nietemin.

So vertel ek myself deur die hele vyf jaar van hoërskool dat ek nie gaan trou nie. Dit was my manier om vir myself en vir die wêreld te sê dat ek gay is. 'n Tipe eufimisme, if you will.

In matriek word daai rivier in Egipte vir my te groot en oorvol, en ek erken hardop aan iemand anders dat dit is hoe sake staan. Gelukkig, gelukkig, is ek nie deur hom verwerp nie.

Nouja, toe is ek uit die kas uit. Toe kom die hele nuwe identiteit en die selfaanvaarding en die kwessie dat die samelewing mens vir ewig gaan verwerp etcetera etcetera.

Drie jaar later vertel ek my familie, en hulle vat dit goed.

Later die week, by 'n singende kersboom oefening, vertel ek vir AB wat gebeur het met die familie. Sy reaksie:

"Nou kan jy begin leef"


Ek dwaal af. Toe moet ek nou die hele dating game begin speel, en daaraan gewoond raak.

Op 'n dag ontmoet ek 'n skaam outjie by die koor, wat omtrent nie wil oogkontak maak nie. Hy sit langs my in die koor. Ek kry net een lettergreep antwoorde as ek hom iets vra. Maak dus nie veel van 'n indruk nie...

Drie maande later, op 'n koorkamp, is hy teenwoordig by 'n gesprek tussen my en 'n ander gay koor maatjie, en interpreteer dit toet-en-taal verkeerd. Sy hart breek in twee, want die ou op wie hy sy oog het, Adam, is... is... STRAIGHT!!!

In daardie selfde tyd word ons albei genooi na 'n sjop en sjerrie aand by 'n vriendin. Ons speel 30-seconds, en ek raak verlief. Hy is nie net cute nie, maar het actually 'n kop op sy lyf!

Ek begin by hom te kuier. Hy besef sy fout en is in die sewende hemel. Hy leer selfs 'n Franse frase vir sy gevoel: Je sui sur une petite nuage (verskoon spelling, naamvalle, tenses et al asb). Dit beteken: Ek bevind myself op 'n klein wolkie. In goeie ou Afrikaans: Ek is in die wolke.

Kom ek fast-forward bietjie:
Ons kys.
Sy ouers vind op een slag uit van my en hom en ons.
Sy ouers stuur hom vir berading.
Sy ouers ignoreer my.
Sy pa kom op ons af. Vas aan die slaap op een bed. Hy bo-op die lakens. Ek onder die alkens. Albei met helemaal te veel klere aan.
Sy ouers word op die daad tien jaar ouer en spierwit grys.
Sy pa ignoreer ons albei.
Sy ma lê en huil op die bed.
Sy pa staan en huil voor die braaier.
Hy sê hy trek uit.
Hulle moet vrede maak.
Hy trek by my in.
Hulle moet vrede maak.
Twee jaar later maak hulle vrede.

Meimaand sal dit vyf jaar wees.

Ons het intussen saam (en met insette vanuit sy pa se bankrekening) 'n meenthuis gekoop. Ons is saam op een mediese fonds. Ons het twee katte en een hond, met die naam Tudor. Ons is lief vir mekaar. Baie lief vir mekaar.


Ek hoop dat jy, liewe leser, verstaan dat daar 'n hele aantal aanpassings moes plaasvind. Veral klein skakelaartjies wat mens in jou kop moet aan en af skakel. Aannames en agreements oor die wêreld en hoe hy werk. Hoe jy gedink het die wêreld werk. Hoe jy gedink het die wêreld moet werk. Hoe die wêreld en/of die lewe nie werk nie. Dis amper soos grootword x2.


My verlore vriend Riaan wou hom altyd doodlag as ek sê ek is 'n Calvinistic Homosexual. Dit is twee terme wat mekaar totaal contradict. Ek staan egter daarby.

Nou skielik word daar van hierdie moffie verwag om te trou! Daardie skakelaars is al van Standerd 6 af gefuse... Ek voel amper soos Calvin:


Ek sukkel nog so 'n bietjie met die gedagte van trou... Daar is 'n hele paar loigistieke probleme wat hulself voordoen as twee mans sou trou. Byvoorbeeld: Wie stap in die gangetjie af (ek of hy)? Wie bring daai een wat afstap nou eintlik in (pa of ma, of albei)? Wie wag voor by die preekstoel (en presies hoekom?)? Raak mens verloof, of wat? Wie gooi die ruiker? Is daar 'n ruiker? Wie dra wie oor die drumpel? Ens.

So, if you don't mind, gee my eers so 'n rukkie om daai skakelaars te ont-fuse voor jy my weer vra of ek nou gaan trou of wat.

Monday, November 13, 2006

13...





Adam se ID nommer begin met 791113...

Wat ek die naweek geleer het... (6)

Maak nie saak hoe versadig jy dink jy is nie, daar is altyd nog plek...


Nes Arcadia en Triggermap het ek ook 'n naweek vol van kuier en eet gehad. Ek en An3s het die Laeveld gedoen: eers by my suster'le en toe by sy suster'le. Ek hou van kuier. En van eet. Maar veral van kuier & eet!

Thursday, November 09, 2006

Wasmasjien: Update... (5)

Om 13:28 bel Oliver my weer. Hy kry nie die Montana bestuurder in die hande nie, maar het vir my 'n splinternuwe masjien bestel. Hy weet nognie hoe lyk daardie mense se stock nie (hulle moet nog terug kom na hom toe), maar sal my op hoogte hou wat die aflewering betref.

Begin die gewag nou van voor af?

Wasmasjien: Update... (4)

Om 12:58 bel Oliver my (hy is takbestuurder van Atterbury). Hy sê Montana het 'n demo masjien. Ek sê ek het Vrydag vir Gloria gesê as hulle Saterdag aflewer sal ek die demo vat. Toe hul nie meer Saterdag kan aflewer nie, het ek gevra vir 'n nuwe masjien. Gloria het gesê dis reg. Oliver sê ok. Hy sal met Montana se bestuurder praat. En dat Montana se bestuurder my dalk sal bel.

Ons vorder, al is dit stadig.

Wasmasjien: Update... (3)

Om 12:33 kry ek 'n oproep vam Karen (die Customer Services vroutjie van die company). Sy vra watter model ek gekoop het, en of ek my kwitansie by my het. Ek het nie. Sy sê sy bel my nou-nou terug...

Jay, reaksie!

Wasmasjien: Update... (2)

Om 12:02 plaas ek nog 'n klagte op hellopeter.com. Dis toe 42 en 'n 1/2 uur nadat HiFi Corp my die eerste keer gekontak het.

Dit wil my voorkom of HiFi Corp eers hul interne oudit wil afhandel voordat ek my wasmasjien kry...

Wasmasjien: Update...

Mervin van die Atterbury tak het my 11:08 gebel om uit te vind wie my met die aankoop gehelp het.

Nog geen woord van aflewering nie...

Wednesday, November 08, 2006

Van wasmasjiene en dit...

Steeds het ek nie my wasmasjien gekry nie...

Ek is nou baie vinnig besig om uit skoon klere te hardloop. (Gelukkig kan mens 'n denim vir baaaie lank dra voor die vuil begin wys... Gelukkig het ek 'n hele paar denims...) Ek het vanmore in die stort oorweeg om al die undies op die stortvloer te gooi, en dit te pars terwyl ek was. Kan mos werk, of hoe?

Ek wend my gister toe maar na hellopeter.com, ken julle hom/dit?



Tell the world on hellopeter.com


Wel, na my klagte het ek 'n reply gekry van die klientediens bestuurder van HiFi Corp wat sê dat hulle gou in verbinding met my sal tree, en dat sy my mail aan die bestuurder van Atterbury gestuur het.

Ek het paar minute terug 'n oproep van Zelda gehad om te hoor presies wanneer Donderdag ek met haar gepraat het. Ek sê toe ek is vreeslik jammer, dalk het ek die name verkeerd, maar die Zelda met wie ek gepraat het was nie Afrikaanssprekend nie, definitief swart en werk ook nie by Atterbury nie, maar by Montana.

Nou wag ek maar vir die volgende oproep...

Monday, November 06, 2006

Pretoria: Koek...

Hierdie post handel oor waar mens lekker dinge in Pretoria kan opspoor (nee, nie daai soort koek nie - die melk, meel en vanilla soort). Die idee kom van Arcadia, wat voorgestel het ons rave bietjie oor ons hometowns op ons blogs.

Ek gaan in hierdie post rave oor na-ete stuff en/of teetyd stuff.

Ek het 'n ruk gelede in een of ander tydskrif gelees (kon dalk Insig gewees het) dat die lekkerste koek in Pretoria in Menlopark sy tuiste het. In die Greenlyn sentrum (oorkant die Menlopark Spar) is daar 'n plekkie met die naam L'Epis D'Ore. Dit is 'n Franse plekkie wat weggesteek is in een van die sentrum se hoeke. Ek het self nognie een van hulle snye aangedurf nie, maar sal jul op hoogte hou. (Die oggend toe ons daar gaan ontbyt eet het, was die Franse eienaar geklee in 'n Bloubul trui. Surreal...)

Die lekkerste Croissants vind mens by Grapevine op die Brooklyn Square. Grapevine maak al hulle koeke en terte self. Arcadia voel egter La Spiga is die plek vir Croissants. Corlia wat lank in Frankryk gewoon het stem egter saam met my... Terwyl jy by Grapevine is, bestel hul suurlemoen ystee. Onvergeetlik! Dit is tee met 'n skep of twee suurlemoen sorbet in. Njam.

La Spiga maak 'n bobaas Bienenstich. Ek sit egter nooit weer my voete daar nie, want hulle het my eenmaal 'n vrotte verkoop. Toe ek teruggaan om dit om te ruil wou hulle nie. Hul reaksie: dit lyk maar partykeer so...

Gaan dan maar liewer na Zuckerbacker in Hazelwood vir jou Bienenstich. Ewe lekker.

As jy lief is vir 'n cappucino (kon dit nog nooit spel nie!) na ete kan jy gerus na Traumerei in die Wilgers gaan. Dit is 'n franchise wat sy oorsprong in Kimberley van alle plekke het. Ry af in Lynnwoodweg. Verby Safari. Verby Presleys. Eerste sentrum links - Willow Way is die sentrum se naam. Hulle het ook nou 'n organies koffie reeks gekry wat regtig aan te beveel is.

Ek is ernstig op soek na die plek in Pretoria wat die lekkerste baclava aanhou. Grapevine, hul croissants ten spyt, se baclava is nie lekker nie. Op hierdie stadium eet ek gereed my baclava by Ocean Basket. Dit is ongelukkig dikwels effens hard en/of droog. Meeste van die tyd nie. Moet net nooit probeer koffie drink by Ocean Basket nie!!! Stap liewer oor Mugg toe v jou koffie (of die naaste ander shop van jou keuse).

Onder in Menlyn het daar onlangs 'n nuwe plekkie oopgemaak met die naam Cinnabon. Wees gewaarsku! Hulle moes dit eerder met 'n 's' gespel het. Dit is jou gebruiklike chelsea bun, maar het neute in, en kry 'n karamelsous bo-oor. Ek het aanvanklik 'n grote bestel, maar kon dit beswaarlik opeet. Hierdie chelsea bunns is nie vir sissies nie, en ook nie vir mense met gewigs issues nie... Hulle koffie is ook lekker.

Ek het gehoop om Mugg & Bean uit hierdie post te hou, maar as jy oor Lemon Merengue wil praat, moet jy dit heellaas noem... Ander plekke se merengue is dikwels taai of plat en het te min vulsel. Mugg s'n handhaaf 'n goeie balans. Dis net jammer dat mens 'n kleinerige Afrika landjie met een van hul snye kan voer. BUT WAIT, THERE's MORE: op Mugg se nuwe menu kan mens 'n halwe sny koek bestel! Daar bly die skuldgevoelens agter saam met die ander helfte op die koekbord. Gaan geniet hom!

As diens en kwaliteit kos vir jou nie so belangrik is as die ervaring nie, is daar 'n paar juweeltjies in Pretoria waar dit meer oor die scenery gaan as oor die res. Gaan maak 'n draai by Plumbago in Genl. Louis Botha laan, Blue Crane Restaurant by die Austen Robberts voëlpark, Rademeyers in Moreletapark, Kimiad in Moreletapark, Safari Tuinsentrum in Lynnwoodweg, en Tina Skukan in Koedoesnek weg bo in Faerie Glen. Laasgenoemde het 'n galery op die perseel, met kunswerke van uitstaande gehalte. Terwyl jy daar is, probeer hulle Hoenderpastei of hul tuisgemaakte Bobotie. Proe nes jou ouma s'n. Belowe.

Nouja, dis die belangrikste koek en tee spots (volgens my) in Pretoria. Ek het spesifiek Hartebeespoort uitgesluit omdat dit 'n post op sy eie sal kan maak.

Gaan drink en proe, en laat weet my wat jy dink...

Wat ek die naweek geleer het... (5)

Om een telefoon in een oor neer te gooi is 'n sure fire manier om 'n vriendskap te versuur.


Ek is 'n baie aangename mens, met geweldig baie geduld. Ek word nie maklik kwaad nie. Maar pappie, as ek die dag kwaad word dan doen ek dit behoorlik. (For the record, ek was die slagoffer...)


Ek is regtig 'n nice ou, wat regtig nie so is nie, maar voel op die oomblik de moer in vir daai persoon. Ek probeer my heel beste om dit nie persoonlik op te neem nie, maar dis flippen moeilik.

Thursday, November 02, 2006

Iets is fout...



Daar is iets in die atmosfeer rondom my verkeerd, maar ek kan nie my vinger daarop plaas nie.

Ek dool vandag op die vrelede. Ek voel half hartseer, maar ook nie. Miskien omdat oom Krokkodil gister dood is, en dit half die laaste spyker in die kis van die verlede is.

Een ding waarop ek wel my vinger kan lê: ek voel definitief unprofound. Die terapeut in my kyk my verwagtend aan en vra geduldig: So, wat gaan jy daaromtrent doen?

Wetie.

Wat doen mens aan 'unprofoundness'? Ek het gedink skryf sal help, maar nie. Ek het twee gedigte en 'n kortverhaal aan Litnet voorgelê. Dit is goedgekeur. My wêreld het egter nie verander nie.

Ek dink my grootste probleem is om te aanvaar dat die lewe aangaan. Kom ons gebruik weer die voorbeeld van oom Krokkodil... Aanvanklik was ek hartseer, toe sê Andries: "Liefie, dit moes een of ander tyd gebeur." Vandag is my grootste bekommernis of my nuwe wasmasjien vandag nog afgelewer gaan word.

In my soeke na iets profound, dog ek: laat ek my ma sms en vra wat sy van PW dink (let wel, nie GEdink HET nie, maar teenwoordige tyd). Sy was immers met 'n politikus getroud op 'n stadium, en die betrokke politikus was in PW se kabinet. Troe-ieng sê my selfoon, en ek maak oop: "Neutraal."

Moerse, dink ek.

Ek sms haar terug en sê dat ek ten minste één paragraaf verwag het. Haar reaksie: "Doen naels, kan jou paragraaf later kry."

Dis net daar wat ek besef het dat die lewe vir niemand wag nie. Die wêreld staan stil vir niks nie. Life is what you make of it. Shit happens. En nog 1001 ander cliché's. (My eerste schrink het gesê 'n cliché is 'n cliché juis omdat dit waar is - dog net ek deel dit met julle).

Dorothy het annerdag die waarste ding gesê wat ek in 'n lang tyd gehoor het. Sy sê shit takes time.

Maar wat van unprofoundness? Does that also take time? Ay, Dorothy? Ek dink unprofoundness val onder die cliché van 'life is what you make of it'...

Groot Krokkodil blaas sy laaste blaas...

Ek het nie veel hieroor te sê nie. Dit is jammer, maar hy moes seker een of ander tyd doodgaan. Lees my comment op Arcadia se post oor PW. Lees ook bloute se post.

Maar lees veral hierdie artikel op Litnet.