Thursday, November 02, 2006

Iets is fout...



Daar is iets in die atmosfeer rondom my verkeerd, maar ek kan nie my vinger daarop plaas nie.

Ek dool vandag op die vrelede. Ek voel half hartseer, maar ook nie. Miskien omdat oom Krokkodil gister dood is, en dit half die laaste spyker in die kis van die verlede is.

Een ding waarop ek wel my vinger kan lê: ek voel definitief unprofound. Die terapeut in my kyk my verwagtend aan en vra geduldig: So, wat gaan jy daaromtrent doen?

Wetie.

Wat doen mens aan 'unprofoundness'? Ek het gedink skryf sal help, maar nie. Ek het twee gedigte en 'n kortverhaal aan Litnet voorgelê. Dit is goedgekeur. My wêreld het egter nie verander nie.

Ek dink my grootste probleem is om te aanvaar dat die lewe aangaan. Kom ons gebruik weer die voorbeeld van oom Krokkodil... Aanvanklik was ek hartseer, toe sê Andries: "Liefie, dit moes een of ander tyd gebeur." Vandag is my grootste bekommernis of my nuwe wasmasjien vandag nog afgelewer gaan word.

In my soeke na iets profound, dog ek: laat ek my ma sms en vra wat sy van PW dink (let wel, nie GEdink HET nie, maar teenwoordige tyd). Sy was immers met 'n politikus getroud op 'n stadium, en die betrokke politikus was in PW se kabinet. Troe-ieng sê my selfoon, en ek maak oop: "Neutraal."

Moerse, dink ek.

Ek sms haar terug en sê dat ek ten minste één paragraaf verwag het. Haar reaksie: "Doen naels, kan jou paragraaf later kry."

Dis net daar wat ek besef het dat die lewe vir niemand wag nie. Die wêreld staan stil vir niks nie. Life is what you make of it. Shit happens. En nog 1001 ander cliché's. (My eerste schrink het gesê 'n cliché is 'n cliché juis omdat dit waar is - dog net ek deel dit met julle).

Dorothy het annerdag die waarste ding gesê wat ek in 'n lang tyd gehoor het. Sy sê shit takes time.

Maar wat van unprofoundness? Does that also take time? Ay, Dorothy? Ek dink unprofoundness val onder die cliché van 'life is what you make of it'...

6 Comments:

Anonymous Anonymous sê...

Ek dink daar is maar net soms tye wanneer die lewe 'n bietjie 'ordinary' is. Dit het dalk ook sy plek. Dis fantasties om altyd die skoonheid en betekenis van dinge in te sien, maar die gewone oomblikke het ook hul plek.

Doen jou naels, maak koffie, stofsuig die mat, watookal, en hou maar net die oë oop vir die magic profound oomblikke.

03 November 2006 at 07:51:00 SAST  
Blogger Adam sê...

Ek vergeet soms om op te let. Ek koek my so vas in my eie klein wêreldjie dat ek niks raaksien nie. Maar ek weet dit eintlik...

It's the small stuff that makes all worthwile.

(ps. My wasmasjien het toe nie opgedaag nie...)

03 November 2006 at 09:35:00 SAST  
Blogger Adam sê...

(en my vuil klere hoop op...)

03 November 2006 at 09:36:00 SAST  
Blogger maeree sê...

jy slaan die spyker op die kop! ek dink geluk = tevredenheid. dalk is die probleem dat mens dink net omdat iets alledaags is, dit nie profound is nie.

sorry vir die arrogansie, maar kyk hier

03 November 2006 at 13:30:00 SAST  
Blogger maeree sê...

o ja, oor die klere wat ophoop - koop nuwes!

03 November 2006 at 13:31:00 SAST  
Blogger Do Kwang sê...

Verbrand die klere wat ophoop (behalwe die undies, wat mens weer kan dra sonder dat iemand sal oplet)

03 November 2006 at 20:21:00 SAST  

Post a Comment

<< Home