Gedig...
Kinderaand op winterplaas – ’n herinnering
wanneer die dag net nie wil eindig nie
begin die son uiteindelik sakkend
agter die doringbome verdwyn,
en begin die donker stygend uit die grond op te stoom,
en al vullend die huis kamer vir kamer – al die hoeke en krake – vol te vloei,
en ons keer bangwordend die stadige inval
met gordyne al dig-trekkend,
en maak ook hier en daar ’n kers vlammend aan die brand
uiteindelik word die grootmense opstanend wakker,
en maak al kokende koffie op die koolstoof
en heelwat later
kerf ons etend oupa biltong op ouma brood
1 Comments:
Ooooeee, hoe mooi! Eks mal daaroor!!!!
Post a Comment
<< Home