Thursday, October 05, 2006

20 Random Feite...

Arcadia het my getag:

"I’ve stumbled upon a tagging-game – listing 20 random facts about yourself and then tagging a bunch of people to do the same."

Hier is my lysie:
  • Ek is die jongste van vyf kinders
  • Ek het sewe jaar gevat om 'n graad te kry
  • My gunsteling krui is Basil
  • Ek het blou oë, en ek vrek oor blou
  • Ek hou actually van my naam
  • Ek is die most random person wat Lourens ken
  • Ek het nie 'n fag-hag nie, iets wat my soms pla...
  • Ek is 'n kat mens
  • Ek was in 'n seunskool, en is gay (in geen spesifieke volgorde nie)
  • My gunsteling kledingstuk is 'n Celio trui, wat ek al 10 jaar het
  • Ek verkies 'n 10 en 'n 1/2 skoen, maar dra 'n 11
  • Ek is 1cm korter na my nek operasie
  • Die enigste gay vriende wat ek het is in vaste verhoudings (behalwe vir Lourens, hy tel nie, want hy is 'n beste vriend, nie 'n gay vriend nie)
  • Ek is eenkeer gearristeer vir 'n verkeersoortreding (motorlisensie) wat uitstaande was - en dit was nie eens my kar nie
  • Ek is verslaaf aan fliek en sjokolade (in geen spesifieke orde nie)
  • Ek het net een nefie (wat ek ken)
  • Coming of age boeke en flieks is my gunsteling
  • Ek kyk uit beginsel nie swart en wit flieks nie
  • Ek het al dagga gerook (moet netnie vir my ma sê nie, want sy het gesweer sy onterf die een wat ooit dwelms gebruik)
  • My gunsteling drankie is Sauvignon Blanc

8 Comments:

Blogger arcadia sê...

whoohoo!! nog iemand wat uit 'n groot gesin kom! (moenie dat eoh hiervan hoor nie; hy glo volstrek mense moet net een kind he en klaarkry...)

die majority van my vriende is getroud of in vaste verhoudings. (die res is single en depressed)

dankie dat jy saamgespeel het!

05 October 2006 at 12:01:00 SAST  
Blogger Adam sê...

Plesier!

Ek is egter 'n laatlam, so ek was lank alleen in die huis, wat van my 'n pseudo-enigste-kind maak.

Die geboorte-orde sielkunde is vrek interessant. Ek het al baie navorsing daaroor gedoen.

06 October 2006 at 09:06:00 SAST  
Blogger Mad Maddy sê...

Maatjie Arram, ek sal jou fag-hag wees :-)

Liefdetjies, Mads

07 October 2006 at 00:50:00 SAST  
Blogger dorothy sê...

i'm most interested to know what the 'beginsel' is against watching b&w movies - i'm not a fan of them mind you; i prefer the song and dance techicolor kind

just remember - if you want a good faghag you've got to be prepared to be a good - oh hm...people are still a bit uncomfortable with the word...check here

09 October 2006 at 09:43:00 SAST  
Blogger Adam sê...

Ha-ha-ha! That is really funny... I'd rather call myself a fag than that!

My 'beginsel' is more of an mindblock than anything else. Another assumption (don't tell my shrink).

Thx for posting.

09 October 2006 at 11:09:00 SAST  
Blogger Unknown sê...

Arcadia! Ek het net bedoel dat jy nie kwaliteit vir kwantiteit moet verruil nie. As ouers reken hulle kan genoeg aandag en geleenthede aan elke kind besorg, by all means, teel voort. Moet my net nie by die grootmaak proses betrek nie! Ek is terloops mal oor name wat met A begin (Adam, Anna, Anton, Arcadia, Adriaan). Dink ek sal die kinders wat ek gaan aanneem om my te versorg as ek oud en miserable is net A-name gee... (Arcadia, dis 'n grappie, ek belowe.)

Adam, lees Fag Hag van Robert Rodi (dis skreeusnaaks) en dink weer of jy regtig een wil hê. Jou ma klink maar streng. My ma moedig weer, uhm... 'eksperimentasie' aan, maar ek dink ek is uiteindelik eintlik die preutse ene!

09 October 2006 at 15:41:00 SAST  
Blogger Adam sê...

Sal werklik 'n plan maak om dit in die hande te kry voordat ek amptelik 'n hag aanstel.

My ma is nie regtig so eng nie. Sy is eintklik baie cool. Baie rustig oor meeste dinge in die lewe (bv. dat ek en Andries in dieselfde bed slaap in haar huis).

Ek dink net nie sy wil wash-outs vir kinders hê nie. Jy weet, van ducktails en sheilas en dit...

09 October 2006 at 16:11:00 SAST  
Blogger arcadia sê...

my oorspronklike kommentaar was ook eintlik 'n grappie, leon :-)

en ek stem met jou saam. ook oor die name met 'n a - as ek eendag 'n dogter het sal ek haar graag 'anna' wil noem.

09 October 2006 at 19:16:00 SAST  

Post a Comment

<< Home