Thursday, September 14, 2006

Goedkoop rooiwyn was en sal nooit 'n goeie ding wees nie...

So much vir my gereelde vroeg opstaan!

Dit was gisteraand Michael se M-konsert. Dit was fantasties. Good show, old chap! Ek hou duimvas vir jou uitslae. Hy moes twee werke dirigeer. Die eerste was 'n werk van Brahms, net met koor ( "Warum ist das Licht gegeben dem Mühseligen?" ), en die tweede was die Nelson Mass van Haydn. Die Nelson Mass is een van my favourites. Vreeslik opruiend! Soliste was Hanli Stapela, Veramarie Meyer, Jacques le Roux, en Ralf Schmitt. Ek het dit regtig geniet.

Na die tyd is ek saam Waldo na Matt se restaurant, en dis daar wat dinge begin skeefloop het. Andries is na 'n mede student om te probeer uit figure hoe mens rioolering teken... Net toe ek by die restaurant stop, besef ek ek het my beursie by die werk gelos. Moerse! Arme Waldo bied toe maar aan om vir my te betaal. Gelukkig het ek dit vroeër as later agtergekom.

Twee Margaritas, twee glase wyn, en omtrent drie en 'n half uur later, laat weet Andries hy is nou tuis en mis my verskriklik.

Dis altyd lekker om saam met Waldo en Matt te kuier. Mens lag verskriklik baie. Lag is goed. Ek hou van lag. Dit gebeur te min.

Nietemin, vanmore se opstaan het baie stadig gebeur. Ek het op die ou end eers 8h regtig op my twee voete gestaan. Andries het my begin afpers vir 'n koppie koffie in die bed. Dis toe ek begin beweeg wat ek besef wat die effek van goedkoop rooiwyn op my serebrale korteks het.

Ow.

Hier gaan dit nie noodwendig oor die kwantiteit nie, maar oor die kwaliteit. Definitief die kwaliteit. Dit was immers net twee glase...! Liewe leser, wees gewaarsku. Indien dit sou gebeur dat iemand (selfs al ken jy die persoon goed) vir jou 'n hospitaalkraffie vol rooiwyn aanbied (en aandring daarop dat hy/sy dit reeds betaal het), wees adamant, en wys dit van die hand.

So vinnig as wat my binne-kop ('n term wat my broer op 3jr uitgedink het) my wou toelaat, het ek vir ons albei koffie gemaak, en sommer 'n groot glas water, en nog 'n groot glas Oros gedrink. Oros is goed. Oros werk. Maar eers na die derde glas.

So much vir vroeg opstaan, mediteer, en/of gym.

Ek is in die proses om Han se arm te draai vir 'n uiteet vir middagete. Gelukkig is daar 'n tydjie oop in die boek.



Vannaand is weer ons twee weeklikse Meditation Awareness Groepie. Ek hou van dit.

As jy lus het, mail my dan pos ek vir jou die besonderhede.

Sterkte vir jou dag. Ek weet ek het dit nodig.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home