Tuesday, September 05, 2006

I can get depressed at the drop of a hat...

Ek wil eerstens net dankie sê vir die Apteek wat toe darem gister my happy pille vir my kom aflewer het. Dit vat nogal aan my sak vandat ek nie meer 'n mediese fonds het nie. My hoofpyn het toe darem opgehou, en later die duiseligheid ook.

Concerning my topic: dis waar. Ek kan on cue depressed wees. Nogal goed in daai opsig. Kan nie on cue huil nie. Depressed wees is dan maar seker tweede beste.

Ek het heeldag normaal gefunksioner. Tot ek besluit het dat ek na Andries verlang. Woeps! Depressed.

Iemand het eenkeer gesê dat om depressief te wees is die onvermoeë om jou emosies te peil. Dis waar. Ek weet ek verlang, en ek weet ek voel nie gelukkig nie. Maar verder is dit 'n massive black hole. Ok. Darem nie massive nie. Dalk net 'n gewone ene.

Indien jy, liewe leser, gewonder het: dit gaan nie oor my pa nie. My ma het verlede jaar vir my 'n sms gestuur om te herinner dat pa vandag dood is, of dat pa vandag verjaar (kan nie onthou watter herdenking dit presies was nie). Nog niks vandag gekry nie.

Ek het deur die loop van die dag daaraan gedink. Dit het my nie ontstel nie. 'n Paar jaar gelede het ek twee dae later eers onthou dat ek veronderstel was om depressed te wees op die 5e... Moerse. Dan was dit mos nie so belangrik nie.

Ek dink aan hom - bedoelende gewoonlik, partymaal, af en toe, nou en dan, ens. Dinge het egter bietjie verander. Ek dink deesdae anders aan hom as voorheen. Ek het nie aan herinneringe gedink nie, want daar is geen. Ek het aan hom as vermiste __________ (vul eie woord in) in my lewe gedink. En die vermiste __________ het ek in my gedagtes probeer vergestalt. Dit wat in my kop was, was 'n idee van 'n pa ( die vermiste __________). My pa is 'n idee. My pa is 'n konsep in my kop. Ek het hom daar probeer lewendig hou. Ek het die gat in my lewe groter probeer maak deur die konsep in my kop uit te brei.

Dis die ironie. Ek bou aan hierdie konsep, en bou, en bou, en bou... Vir wat? Wetie. Dis inelkgeval nie asof ek weet hoe om te bou, waar om die stene te lê, watter mengsel sement om te gebruik, hoe diep die fondasie gegrou moet word, hoe hoog die mure moet wees, om nie eens te praat van die fisika agter die dakbalke nie!

Op 'n dag het ek besef dit help nie om oor my pa te probeer huil elkekeer wat ek depressief is nie.

Op oom Wallie se begrafnis het ek besef ek huil om my eie selfsugtige redes. Ek huil nie oor oom Wallie wat dood is nie. Ek huil oor my pa wat jarre al dood is. Dis nie hoekom ek by oom Wallie se begrafnis is nie. Woeps! Daar droog my trane vir my pa op. Van toe af wonder ek presies hoekom en vir wie ek op begrafnisse huil.

Ek het nie regtig my pa geken nie. Ek was 4 en 3/4 jaar oud toe hy dood is. Ek het geen herinneringe van hom nie - inelkgeval nie bewustelik nie. Dus probeer ek iets skep uit niks in my kop. Maak ek sin?

Die feit van die saak bly dat dit vreeslik lekker is om mensself te bejammer. Elke kans wat ek kan kry om dit te doen sal ek aangryp. Ek dink dis wat die sielkunde noem 'automatic thoughts'. Die geheim is om jouself te leer om dit nie te doen nie, om daarteen te waak. As mens bewustelik aandag skenk aan die dinge waaraan jy dink en die waaraan jy nie eintlik moet dink nie probeer keer behoort dit goed te gaan.

Ek dink nie ek treur meer oor my pa nie. Mens kry iets soos patalogiese rou. Ek wonder of ek nie vir die grootste deel van my lewe daaraan gely het nie...?

0 Comments:

Post a Comment

<< Home