Monday, September 04, 2006

Maandag...

Smackbang terug in realiteit.

Die naweek weg was baie rustig. Ons het net bokke gesien.

Darem een kameelperd:Kameelperd

En 'n eekhoring: Eekhoring

En 'n paar koedoes:
Koedoe

Koedoes is cool.

My happy pille is al van Donderdag af op, so ek voel nie tans baie goed nie. My kop draai en my tolleransie vlakke is baaaie laag. Gelukkig het die apteek gesĂȘ hulle sal kom aflewer. Anders weet ek nie wanneer ek daar sou uitkom nie. Ek begin werk voor hulle oop is, en het vanaand my SAS groepie tot wieweet wanneer vannag.

My ma was die naweek op Nelspruit en het 'n stamboom by 'n neef van my pa vir my gekry. Ek is nogal heel in my noppies daaroor. Nou kan ek uiteindelik sien wat aan daai kant van die familie aangaan. Vandat my pa dood is het ons bittermin kontak met sy familie gehad. (Eintlik net met oom Awie - waar my ma nou die boom gekry het). Ek ken niemand aan sy kant van die familie nie. Ek kan nie eens onthou hoe lyk oom Awie nie!

My pa is more 22 jaar dood.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home