Monday, August 28, 2006

September wink...

Dis vandag al die 28e. Teen Vrydag is dit September.

Ek wil dit net eers duidelik maak dat ek nie bang is vir September nie, dat ek nie opsien teen September nie, en ook nie dat ek September om bid as hy eers daar is nie. Nie die geval nie. Ek was nog nooit so nie.

Datums kom en gaan. 'n Datum bly maar net nog 'n dag. Die konneksie wat ék daarmee maak is die ding wat dit (vir my) anders as ander dae maak. Iets wat laasjaar gebur het op hierdie of daardie dag maak dit vir my anders. Dis ook nie net laasjaar wat dit vir my betekenis gee nie. Dit is onder andere ook gebeure van 22 jaar gelede wat dit betekenis gee.

Hierdeur dwing ek myself om daardie gebeure - op dieselfde tyd van die jaar - te revisit, en so meer betekenis aan te gee as bloot die herinneringe (goed of sleg). Die idee is nie om op die verlede te dool nie - daarmee is ek baie goed. Ek wil nie vashaak op ou koeie nie. Enigeen, help my as dit gebeur!

Ek wil my denke en emosies rondom hierdie tyd van die jaar met iemand deel. Nie noodwendig iemand na aan my nie. Dit maak dit weer te persoonlik. Op 'n manier is hierdie manier van deel 'n vorm van ontwyking, aangesien ek dit deel met vreemdes. Verwyder. Vêr.

Groetnis.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home