Monday, August 06, 2007

Adieu...

Adam het vir hom 'n Wordpress rekening oopgemaak. Lees hom vervolgens by Die Blou Oog.

Cheers.

Monday, July 30, 2007

Sometimes I wonder, and sometimes I know...

Is ek die enigste een wat nodig het om die verifikasie kode telkens twee maal moet intik, aangesien ek dit klaarblyklik die eerste keer verkeerd gedoen het? Ek is besig om 'n kompleks hieroor te ontwikkel. Ek sien Blogger.com het intussen besluit om maar vir my korter kodes te gee... Ek weet ek is disleksies. Wil net hoor dat ek nie alleen is in hierdie lewe nie. Gebeur dit soms met jou?

(Hierdie post het my ook 2 probeerslae gekos...)

Labels: , ,

Nogge grappiekie...

Jimmy Abbott word 'n diaken.

Die Kerkraad kla oor die karige kollekte en Jimmy sê hy sal vir die gemeente 'n brief skryf om hulle te motiveer.

Volgende Sondag is die kollektebordtjies vol R100 en R200 note. Dit laat die Dominee wonder, en hy vra of hy Jimmy se brief kan sien. Hy kon niks verkeerd vind nie, behalwe spelfoute soos 'opvok' en 'doodbluksum'.

Labels: , ,

Thursday, July 19, 2007

Grappie...

'n Verkoopsman wat van deur tot deur loop klop aan die soveelste deur.

'n Seuntjie, so ag jaar oud, maak die deur oop. Hy het sykouse aan met bypassende kousophouers. In sy een hand is 'n Martini en in die ander 'n vet sigaar.

"Is jou mammie tuis, boeta?" vra die verkoopsman.

Die seuntjie kyk stip na hom vir twee sekondes en antwoord stadig:
"Lyk dit fokken so?"

Labels: , ,

Monday, July 16, 2007

Nuweling...

Hey almal,

Daar is 'n nuweling in ons midde. Hy is familie. Gaan klop bietjie by hom op: Na die maan.

Groetnis,

Ekke.

Friday, July 13, 2007

Aaaaaargggghhhh!

WordPress.com weier om my comments te aanvaar! Ek het begin dink dis my sogenaamde blogging vriende wat een of ander vendetta teen my het, maar selfs Bertus! se blog weier nou my comments.

Ek voel tenagekom.

Neem asseblief kennis dat ek nie julle posts ignoreer nie, maar dat julle posts my ignoreer.

Friday, July 06, 2007

Adam 101

Om jammer te sê vir die lang stilte het ek gedink ek sal al my lesers net gou weer update met wie Adam is. (Ek het tans verkoue en my kop is seer, so verkoon asseblief enige vreemde stellings of verwysings).

Hier volg dus 'n Adam 101:

1. Ek het blou oë.
2. Ek het mooi hande.
3. Ek het mooi bene.
4. Ek het vir twee jaar geballet (verwys terug na nr.3).
5. Ek swot sielkunde
6. My pa is dood toe ek 4 en 3/4 jaar oud was.
7. Ek trek tans by stiefpa nommer twee.
8. Ek hou heelwat meer van stiefpa nommer twee as van stiefpa nommer een.
9. Ek hou van my baas.
10. Ek hou van my naam.
11. Ek het my pa se naam geerf (lw. nrs. 10 en 11 het niks met mekaar te doen nie).
12. Ek hou van 'n groot verskeidenheid musiek, te veel om op te noem.
13. Ek hou van skilder en teken, alhoewel ek dit so lanklaas gedoen het dat ek nie eintlik meer kan onthou hoe dit voel nie.
14. Ek hou van skryf.
15. Ek hou van my eie handskrif.
16. Ek hou van my eie handtekening.
17. Soms dink ek ek praat te veel oor myself.
18. Ek het nie juis groot vrese in die lewe nie.
19. Behalwe om geskiet te word.
20. Ek gril meer vir slange as wat ek vir hulle bang is.
21. Dis hoe oud ek was toe ek uit die kas gekom het vir die hele wêreld.
22. I've been known to talk to angels.
23. Ek hou van die natuur.
24. Ek hou van my land, maar nie van die manier waarop hy bestuur word nie.
25. Ek gaan Kanada toe emigreer, so gou ek kan.
26. My geliefde gaan saam met my Kanada toe.
27. Ek hoop my katte kan saamgaan Kanada toe.
28. Blykbaar gaan ons worshond saam Kanada toe.
29. Ek ry 'n wit Chico met die naam Katinka.
30. Ek hou van blou.
31. In die winter is my hande en voete ysig koud.
32. Niksdoen is een van my gunsteling tydverdrywe.
33. Ek was al twee maal in my lewe op 'n perd. Die tweede keer was nogal snaaks.
34. Ek onthou selde my drome.
35. Ek het swemlesse gehad toe ek klein was.
36. Ek wil graag 10kg verloor.
37. Ek is 'n emosionele eter.
38. Ek doen soms yoga.
39. My 6e en 7e nekwerwels is aan mekaar vasgemaak.
40. Ek vermy dit om op my kop te staan tydens yoga (verwys na nr.39).
41. My ma weet ek is gay.
42. So ook my broers en susters.
43. Ek is die jongste van vyf kinders.
44. Dis hoe oud my pa was toe hy dood is.
45. Ek is nie religieus nie, maar wel spiritueel.
46. My ma weet nie dat ek nie meer in God glo nie.
47. Ek is lui.
48. Ek hou van sjokolade.
49. Ek hou nie van amandel geursel nie.
50. Ek is regshandig.
51. Ek is disleksies.
52. Ek is 'n kat mens.
53. Ek dink Buddhisme is cool.
54. Ek hou van bome.
55. Ek voel skuldig oor my Bonsai's.
56. Ek het my beste vriend vyf jaar laas gesien.
57. Ek haat dit om kontak met mense te verloor.
58. Ek is verslaaf aan sosiale interaksie.
59. Ek is verslaaf aan FaceBook (verwys na nr.58).
60. Ek was twee maal hierdie jaar by 'n medium/psychic.
61. Ek het my leerlinglisensie die eerste keer gedruip.
62. Ek het vir drie jaar bestuur voor ek my leerlinglisensie eksamen gaan skryf het.
63. Ek hou van gedigte.
64. Sterk vroue fassineer en trek my aan.
65. Ek is 1cm korter na my nekoperasie.
66. Ek is 1m85 lank.
67. Ek is nie skaam om my crocs in die openbaar te dra nie.
68. Ek is bang vir eerste ontmoetings (of om verlore vriende weer te sien).
69. Ek is bang vir teleurstelling (verwys nr.68).
70. Ek raak maklik vasgevang in die uitkoms van sake voordat ek nog 'n tree in daai rigting gegee het.
71. Ek doen geweldig baie introspeksie.
72. Ek is bang vir huil.
73. Die laaste keer wat ek gehuil het was twee Sondae terug tydens 'n Lion King vertoning, vir die olifant.
74. Olifante is een van my gunsteling diere.
75. Ek wonder soms wat ander mense van my dink, maar raak nie verstrengel daarin nie.
76. My beste eienskap is my aanpasbaarheid.
77. Ek is ongelooflik rustig en geduldig.
78. My ma dink ek is gevrek.
79. Ek hou van 'n droë sin vir humor.
80. Ek kyk in winkelsentrums na ander mans se bene.
81. Ek wil graag 'n vegetarier word, maar ek hou te veel van vleis...
82. Ek is perfeksionisties.
83. My gunsteling tyd van die jaar is die lente.
84. Ek is 'n skerpieon wat byna nooit sy angel uithaal nie.
85. Ek probeer om mense nie te kategoriseer nie, maar doen dit gereeld.
86. Ek wil vriende word met almal wat ek ontmoet (met hier en daar 'n uitsondering).
87. Veral met belese, intelektuele en gekultiveerde mense (is erudiet die woord waarna ek soek?).
88. Om lekker kos met goeie vriende te deel is een van my gunsteling aktiwiteite.
89. Ek werk as 'n persoonlike assistent in 'n sielkundige se praktyk.
90. Eendag as ek groot is wil ek 'n kliniese sielkundige wees.
91. Arrogante mense pis my af.
92. Ek besit 'n iPod.
93. Ek besit 'n laptop.
94. My meenthuis het die grootste tuin in die kompleks.
95. Ek hou van tuinmaak.
96. My honde nie.
97. Ek is 'n label queen.
98. Ek is besig om my hare te groei.
99. Buitelanders fassineer en trek my aan.
100. My comfort food is enige van my ma se eenpot geregte.
101. My passion food is Thai cuisine.

Labels:

Wednesday, June 20, 2007

Stilte...

Hey ouens,

Adam is jammer dat sy blog so onaktief is die laaste tyd. Behalwe vir FaceBook wat baie tyd opneem, het Adam geweldig baie dinge om oor te dink en besluite om te neem. Gun hom dus maar die blaaskansie.

Baie liefde,

Ekke.

Labels: ,