Friday, September 08, 2006

As ek kon, sou ek:

Ek wil Amerika toe trek.
Ek wil my PhD in Boston doen.
Ek wil klaar geswot wees.
Ek wil 'n kredietkaart hê wat nie R1000 oor sy limiet is nie.
Ek wil nou al in ons nuwe huisie bly.
Ek wil nie trek nie.
Ek wil hê Nexus Eiendomme moet ons R3300 vir ons teruggee wat hul gesteel het.
Ek wil maerder wees.
Ek wil pecks hê, nie 'n a-cup nie.
Ek wil nie dimpels op my boude hê nie.
Ek wil een groot dimpel aan een kant van elke boud hê.
Ek wil fliek.
Ek wil slaap.
Ek wil lees.
Ek verlang na my ma.
Ek verlang na die Davels.
Ek verlang na S+Y en kie op Nelspruit.
Ek verlang na F+Y op Potch (nognie eens hul kie gesien nie).
Ek verlang na Hermien.
Bogenoemde is almal familie.
Ek verlang nie na vriende as ek depressief is nie.
Ek wil 'n cocktail hê.
Ek wil nie 'n sigaret hê nie.
Ek is versadig. Ek het ontbyt by Bugatti geëet.
Ek is dors.
Ek is lus vir coke (soos in cola).
Ek verlang na Madeleine.
Sy is nie familie nie.
Sy is in Bristol.
Engeland.
Ek verlang na Lourens.
Hy is ook nie familie nie.
Hy is my beste vriend.
Hy is in London.
Engeland.
Ek wil travel.
Ek wil skryf.
Ek wil slaap.
Regtig graag.

Al gehoor van hipersomnie?

0 Comments:

Post a Comment

<< Home