Wednesday, September 13, 2006

Woensdag die 13e...

Hoekom is net Vrydae die 13 veronderstel om mens af te skrik? Ek is te lui om self uit te vind waar die tradisie van Vrydag die 13e vandaan kom. Ek het in standerd vyf op Vrydag die 13e my 13e verjaarsdag gevier. Hier sit ek nog, 14 jaar later, springlewendig. Wel, miskien nie 'spring' nie, maar wel lewendig. Sal iemand namens my die moeite doen om uit te vind, asseblief?

Die week karring maar aan.

Ek het besluit ek ly aan Adult ADD. Ek voldoen aan al die simptome, behalwe miskien die impulsiwiteit en promiskuïteit... (al moet ek myself vreeeslik inhou soms - he-he - darem nie so erg nie!)

Han sê ek mag dit nie as verskoning gebruik nie, en dat meditasie daarvoor werk, aangesien dit jou breingolwe verander. Met die het ek toe vanmore 6:10 opgestaan, my stywe nek deeglik gestrek, rondgehang tot 7h, en toe uiteindelik gaan mediteer. Ek was vir so 15 minute besig. Dit was nie 'n vreeslike stimulerende meditasie nie. Hulle kom en gaan maar so. Gaan van nou af probeer om elke oggend 6h op te staan.

Bid vir my.

1 Comments:

Blogger arcadia sê...

ek het hierdie jaar so hoe (jammer, kry nie deeltekens op hierdie donnerse keyboard gemaak nie) stresvlak gehad dat ek omtrent nooit later as 05h30 kan slaap nie; word vroeg wakker met 'n knop in my maag, ongeag hoe laat ek gaan slaap. sterkte met die meditasie; moet bieg ek het dit nog nooit probeer nie.

13 September 2006 at 18:18:00 SAST  

Post a Comment

<< Home