Monday, October 02, 2006

Maandag/e...

Ek was vir 'n week nie by die werk nie. My baas was by die see. As die kat weg is, is die muis ook weg - in my situasie inelkgeval. Lekker né?

Dit maak vandag dag 1 na 'n week se niksdoen. Ek kan nie ophou gaap nie. Ek het maar my dag met 'n ekstra sakkie Vita-Thion begin.

Ek het vanoggend besef ek verjaar in die jaar van ons Heer 2006 op 'n Maandag. Ek het dit seker al vroeër die jaar raakgesien, maar dit het nie ingesink nie. Seker omdat dit nou nader kom dat dit begin registreer.

Maandag is nie 'n cool dag om op te verjaar nie. Wanneer hou mens jou paartie? Saterdag voor die tyd, of Vrydag na die tyd? Ek haat sulke besluite.

Insette sal waardeer word...

0 Comments:

Post a Comment

<< Home