Hier is ons nou... Nog 'n einde...
Nouja, hier is ons nou. Nog 'n einde van nog 'n maand, en in ander opsigte nog 'n jaar.
Ek is die hele week al nie lekker nie, miskien in antisipasie vir die gewig wat vandag veronderstel is om te dra.
Lénetjie is vandag 'n jaar dood. Sy was 10.
Sy en haar ouma Heléne (haar naamgenoot) is vandag 'n jaar terug saam in 'n motorongeluk dood. Dit was ouma Heléne se verjaarsdag. Sy en haar kleinkind was op die dorp om iets saam die familie in die Spur te gaan eet. Klein Heléne het gesê sy wil na die tyd saam met ouma plaastoe gaan.
Oppad plaastoe, aan die voet van Jaap-se-hoogte (min of meer halfpad tussen die dorp en die plaas) is daar 'n massiewe salaggat in die pad. Ouma het geweet van die gat. Sy ry die pad 'n hele paar keer 'n week, en die gat is al lank daar. Die beton trok wat van bo-af gekom het het ook geweet van die gat. Hy ry die pad 'n paar keer per dag...
Om die draai kon hy nie sien nie. Om die draai was die twee Heléne'e, seker hard aan die gesels. Hulle het albei Steyn bloed. Klein Heléne van albei haar Oumas. Die Steyns hou van gesels.
Die trok het homself natuurlik boeglam geskrik toe hy die blou Jetta reg voor hom sien, en ruk toe die stuurwiel. Dit het tot op 'n punt gewerk: hy het uit die pad gekom, maar nie sy bak vol beton nie. Die bak het gekantel, en bo-op die Jetta telande gekom.
Die motor is omtrent 100 meter saamgesleur. Heléne Davel van 63 jaar, en Heléne Davel van 10 jaar is albei omtrent onmiddelik dood. Die eerste mense op die toneel het vir Lenétjie uit die wrak kon trek. Nie vir ouma Heléne nie. Die kar het aan die brand geslaan. Ouma Heléne moes aan haar hande uitgeken word.
Alhoewel die bestuurder sweer hy is deur die gat, en dat die slag hom (die trok) uit 'geskiet' het na die ander baan, vermoed ons hy was van die begin af in die ander baan.
My suster en swaer is nie meer dieselfde mense wat hulle voor die ongeluk was nie. Hulle gaan aan met hulle lewens. Nes vroeër. Maar daar skort iets. My ma noem dit die sprankel.
Hulle ry vandag terug van Aardklop af. Hulle het die week by Francois'le gebly. Hulle maak nuwe memories. Ek is bly daaroor. Ek vermoed egter dat die week se joligheid nie genoeg reserwes opgebou het om vandag sommer net deur te maak nie. Ek dink nie mens (hulle) sal ooit genoeg reserwes bymekaar kan maak daarvoor nie.
Die twee Heléne'e is saam in een graf begrawe. Dit was die grootste begrafnis wat ek al beleef het. Lydenburg se NG Moedergemeente was so vol soos dit net met Kersfees is.
Ek moes spesiale toestemming by my Ortopeut kry om begrafnis toe te mag gaan. 300km is ver om met 'n af nek te ry.
Woensdag was dit 'n jaar gelede wat ek my nekoperasie gehad het. Ek sien Maandag die Ortopeut vir my opvolg. Seker die laaste.
Coriena, Wessel, Annette, ek dink aan julle. Ek is lief vir julle.
Heléne, Léne, Lénetjie, Fielies. Ek verlang na jou.

0 Comments:
Post a Comment
<< Home