Thursday, October 12, 2006

Eetversteurings...

In my studiegroepie was ek verantwoordelik vir die hoofstuk oor eetversteurings. Anorexia Nervosa en Bulimia Nervosa.

Die nervosa deel van die benaming verwys na die senuweestelsel, oftewel dat dit 'n senutoestand is.

As mens anorexia direk vertaal beteken 'orex' eetlus, 'an' die afwesigheid daarvan, en 'ia' dat dit 'n fiesiese toestand is (m.a.w. iemand wat geen eetlus het nie). As mens dieselfde met die woord bulimia doen, word die 'bu' afgelei van 'n Griekse woord vir bees, die 'lim' deel is afgelei van die Griekse woord vir eet, en die 'ia' weereens verwysend na 'n fisieke toestand (m.a.w. 'n toestand waar jy 'n bees kan eet). Vergelyk die uitdrukking: ek is so honger, ek kan 'n os eet.

Having said that, Anorexia word gekenmerk deur die toestand waar iemand hom/haar self geheel en al verhonger, en Bulimia word gekenmerk aan binge eating. Hiermee word bedoel dat so 'n persoon in 'n sitting verskriklik aan't ete gaan, en meer eet as wat 'n gewone mens sou.

Albei die toestande gaan onder andere gepaard met purging. Die Anorexia geval is dikwels meer suksesvol as die Bulimia geval. Daar is elke keer reeds van die voedingstowwe opgeneem voor die vinger in die keel gedruk word, en/of purgeermiddels geneem word.

Dit is in kort (baie kort) die maatstawwe vir die twee eetversteurings.

Nou wil ek weet: wat noem mens dit as iemand op 'n binge gegaan het (soos ek sopas), maar niks daaromtrent doen nie?

Ek hoop ek kry 'n antwoord voordat ek die hele 500g pak Peri-peri peanuts verorber het...

3 Comments:

Blogger Adam sê...

Ek het pas geëet (in volgorde):

'n chocolatelog,
'n pak mikrogolf groente,
'n chocolate swiss roll (nie 'n grote nie, nie 'n mini-ene nie, 'n tussen in ene),
'n halwe 500g pak peri-peri peanuts.

En in die yskas wag daar vir my 'n koeldrank, en 'n botteltjie perske purity.

Al wat ek kan sê is: moenie ckeckers toe gaan as jy honger is nie...

12 October 2006 at 13:29:00 SAST  
Blogger arcadia sê...

ek dink so persoon word net as 'n over-eater geklassifiseer. met 'n verslawing aan kos.

12 October 2006 at 17:11:00 SAST  
Blogger Unknown sê...

Ag nee, is jy ook een van daardie mense wat Purity eet? Yuck, pre-digested kos!

Incidentally, daar is gene wat orexins genoem word, wat in die hipotalamus funksioneer. Hulle beheer metabolisme op 'n baie spesifieke manier. Indien daar fout gaan met die ekspressie van dié gene in muise, word hulle oorgewig. Dit is ook bekend dat mutasies in dié gene tot narkolepsie kan lei. Die gene beheer waarskynlik waaksaamheid (i.e. dis tyd om op te staan en iets te eet/gaan slaap maar, want jy hoef nie te eet nie).

12 October 2006 at 18:23:00 SAST  

Post a Comment

<< Home