Monday, October 16, 2006

Wat ek die naweek geleer het (2)...

Dat bome wat nie blare aan het nie, nie noodwendig dood is nie.

4 van my bonsai boompies lyk op die oog af dood (een van hulle omdat die hond Tudor dit goedgedink het om hom tot 'n stompie te verminder).

3 van hulle het begin bot (effens laat - net toe ek wou moed opgee).

self die afgekoude wilde vy het 3 nuwe takkies begin uitstoot...

die tyd van wonderwerke is nognie verby nie.

2 Comments:

Blogger Unknown sê...

Jy bonsai? (Merk hoe ek dit as 'n werkwoord gebruik het.) Jy het veel meer geduld as ek - ek hou inderdaad daarvan as goed groot en vinnig groei. Ek dink ek is meer van 'n tropiese oerwoud persoon, eerder as 'n netjiese zen-tuintjie persoon.

Tudor is 'n cool naam vir 'n hond.

17 October 2006 at 17:53:00 SAST  
Blogger Adam sê...

Dis eintlik baie makliker as wat almal dink. Ja, ek het al 'n hele paar bome laat vrek, maar ek neem dit nie meer persoonlik op nie.

Ek hou oor die algemeen van tuinmaak.

Het my eerste 2 bome vir my 21st gekry. Dis een van hulle wat Tudor afgekou het...

Ek het 'n paar vrae oor orgidië... Mail my.

18 October 2006 at 09:55:00 SAST  

Post a Comment

<< Home