Die (hopelik laaste) groot trek...
Ons trek Saterdag. In ons splinternuwe huisie in.
Ons het nognie begin pak nie. Wel, tegnies gesproke het ons seker al (ek is net nie honderd persent seker of die feit dat Andries die badkamerkassie in 'n doos gegooi het tel nie).
Sy pa kom Saterdagoggend met 'n moerse sleepwa en twee 'hande' (seker eintlik dan vier hande) om te help. Ons trek gelukkig nie ver nie. Die nuwe huisie is in die nuwe kompleks langs die kompleks wat langs ons kompleks is waar ons nou woon.
Ons is opgewonde.
Uiteindelik.
Die realiteit wou nie eintlik inskop nie, maar toe ek pas 'n oproep van die ontwikkelaar kry om my te sê dat dit reg is met hom en dat ek maar die okkupasie huur kan inbetaal, skop realiteit full force in.
Jay.
Nou moet ons seker begin pak.
Ek weet net nognie van die hond Tudor nie. Die tuin (die grootste een in die hele, hele kompleks) kort nog 'n ekstra hek. Die hond Tudor hou van eksploreer. Daar is reeds twee skotse maatjies langsaan vir hom. Tudor verstaan nie skots nie. Hy verstaan net Afrikaans. En ook net partykeer. As hy lus is.
Die katte is chilled. Hulle is al gewoond aan trek.
Die vorige trek was van een eenheid na 'n ander in dieselfde kompleks. So, dit was heel vinnig en sonder komplikasies. Nou moet ons egter tot in die straat ry. Af in die straat ry. In by die nuwe kompleks. Aflaai. Probeer omdraai (ons bly heel agter in die hoek - min parkeer en/of omdraai spasie - oom Gawie is gelukkig bedrewe met goeters sleep). En al die pad terug. Daarvoor dus die moerse sleepwa. Oom Gawie gaan egter nie baie impressed wees as ons hom 'n stapel boeke, of borde, of onderbroeke in die hand stop nie. Ons het nie bokse nie. Ek sê mos, die realiteit het sopas eers ingeskop. FULL FORCE.
Agtog.
Gelukkig is ek 'n kalm rustige koelkop ou.
I think.

1 Comments:
Ekke gaan ook tog daar woon, eendag, nie te ver in die toekoms nie, en indien 3s en Arram nie al hulle ekstra crap in my toekomstige kamer dump nie... haha
Post a Comment
<< Home