Monday, October 30, 2006

Wat ek die naweek geleer het... (4)

Bure bring nie meer vir mens 'n jug koeldrank as mens trek nie (miskien is dit net 'n stad ding...)

4 Comments:

Anonymous Anonymous sê...

Ons was self effens teleurgesteld toe ons laas jaar ingetrek het en niemand het eers kom hallo se^ nie. Nou is ons bure se huis in die mark, en ons het klaar besluit dat ons ten minste 'n bottel wyn sal oorneem as die nuwe mense intrek.

PS die word verification hier onder is vir die eerste keer 'n sinvolle Afrikaanse woord: inhok

30 October 2006 at 12:15:00 SAST  
Blogger Adam sê...

My buurvrou kyk anderpad as ek haar groet...!

Toe ek Saterdagaand na die trek wou ry om te gaan pizza koop (aangesien niemand 'n bak lasagna of bobotie oorgestuur het nie), staan een van haar gaste se koets die hele pad vol en kan ek nie uit nie. Ek gaan klop toe maat vriendelik en vra dat iemand die voertuig sal skuiwe.

Agter in die donker dieptes van die vertrek sit 'n man, vaagweg sigbaar. Skielik kom daar 'n kreet uit sy mond: "Ek sal later 'n draai kom maak en behoorlik kom groet, hoor."

Nouja. Ek wag.

(lpefwwna)

30 October 2006 at 12:54:00 SAST  
Blogger maeree sê...

ek love sulke bure! my huis is my heiligdom - soek nie ander in my space nie. ek maak asof my bure nie bestaan nie en hulle maak asof ek nie bestaan nie.

01 November 2006 at 14:40:00 SAST  
Blogger Adam sê...

Jy is nie dalk my buurvrou nie?!

01 November 2006 at 15:01:00 SAST  

Post a Comment

<< Home