Friday, March 23, 2007

Random post...

So.

Toe word dit 11:32 op Vrydagoggend die 23e Maart van die jaar 2007.

En Adam besef - nie met 'n skok nie - hy is besig om homself dood te verveel.

(Moet net nie vir die baas sê nie - sy is goed met random opdraggies uitdeel.)

En Adam dink: Adam wil huistoe gaan.



My ma verjaar Maandag.
My sus'le kom kuier die naweek.
Vir die verjaardag.
Oom Tot is tans aan 'n hartlongmasjien gekoppel.
Tannie Jeanie huil onophoudelik.
Oom Hans se duur antibiotika is blykbaar besig om te werk.
Nelius het kroep.
Sy operasie is uitgestel.
My boetie moes vandag kaaptoe gery het.
Sover ek weet gaan hy nog.
Sy vrou sal agterna met die vliegtuig moet kom.
Hy het dringend 'n vakansie nodig.
My ander suster het weer begin werk soek.

En tussen als deur skyn die son vir 'n oomblik weer.
Net vir 'n oomblik.


Geniet jou naweek.

Labels:

Thursday, March 22, 2007

Oor geloof en dit...

Dit lyk my geloof begin weer kop uitsteek as nommer een tema by baie van die bloggers in my sfeer. Ek het laasjaar een of ander tyd hierdie quiz gedoen, maar Oopkop het my vandag weer daaraan herinner.

Hier is my resultate (vir iemand wat in 'n calvinistiese huis grootgeword het, is dit nogal... uhm... anders...):



You scored as Buddhism. Your beliefs most closely resemble those of Buddhism. Do more research on Buddhism and possibly consider becoming Buddhist, if you are not already.

In Buddhism, there are Four Noble Truths: (1) Life is suffering. (2) All suffering is caused by ignorance of the nature of reality and the craving, attachment, and grasping that result from such ignorance. (3) Suffering can be ended by overcoming ignorance and attachment. (4) The path to the suppression of suffering is the Noble Eightfold Path, which consists of right views, right intention, right speech, right action, right livelihood, right effort, right-mindedness, and right contemplation. These eight are usually divided into three categories that base the Buddhist faith: morality, wisdom, and samadhi, or concentration. In Buddhism, there is no hierarchy, nor caste system; the Buddha taught that one's spiritual worth is not based on birth.

Which religion is the right one for you? (new version)
created with QuizFarm.com

Labels:

Monday, March 19, 2007

Die nuwe monster wors...

Ontmoet vir Lolla hond:


Sy het reeds 3 van my onderbroeke, 2 pare sokkies, en twee en 'n halwe bome uit die samelewing verwyder.

Sy is tans hard besig (met die hulp van die hond Tudor natuurlik) om ons tuin volgens haar smaak te verander. Sy hou nogal van die maanlandskap tema - jy weet, met kraters en al.

Sy is veral lief vir leë toiletrolletjies (dit is wat agter haar bas lê, indien jy gewonder het)...


Eintlik is sy dierbaar.

Labels:

Friday, March 16, 2007

Van politiek en dit...

Ek vind toe mos nou gisteraand uit waaroor die hele "nag van die lang messe" gaan...

Nou wil ek net gou my sê daaroor sê:
  • Ek wil weet hoekom weet net die vêr regses altyd so baie van hierdie tipe komplotte teen die blankes?
  • Ek wil weet hoekom is die vêr regses so vatbaar vir conspiracy theories?
  • Ek is nie bereid om in te koop in 'n toestand van massa histerie nie...
  • Ek is nie bereid om my lewe deur angs te laat dryf nie...
  • Ek glo vrede is oppad (as ek net die res ook so kan laat glo sal dit werklik oppad wees).

Carl Gustav Jung het gesê (en ek leef my lewe daarvolgens):

"What you resist, will persist!"


Hoe meer mense anti-crime slogans uitgil, hoe meer trek hul daardie tipe energie na hulself toe aan. Moeder Teresa het eenmaal heftig gereageer op 'n uitnodiging na 'n Anti-War Rally. Sy het aan hulle gesê dat sy nooit in haar lewe 'n snars energie aan 'n anti-war campaign sal spandeer nie. As iemand 'n Peace Rally hou sal sy dit met liefde ondersteun...

So sterk voel ek daaroor
dat ek nie eens 'n poging gaan aanwend om enige artikel oor die bogenoemde aangeleentheid aan hierdie post te link nie!

Dink daaroor.

Labels:

Tuesday, March 13, 2007

Wat ek die naweek geleer het...

1. My broer is meer konserwatief as wat ek gedink het (met verwysing na sy spirituele denke).
2. Die wêreld is nog kleiner as wat ek aanvanklik gedink het...

Labels:

Friday, March 09, 2007

Vertel my meer...

Ek wil graag hê dat julle geleerde mense daarbuite vir my 'n bietjie meer van Archangel Metatron moet vertel. Dit wat ek weet het ek op Wikipedia gekry...

Labels:

Wednesday, March 07, 2007

Lief vir lees en dit?

Lees hierdie post, en gaan dan na hierdie website...

Labels:

Post #90: Krismis hare...

Terwyl daar so baie oor hare en dinge op die blogosfeer aangaan besef ek met 'n skok dat ek nooit my krismis hare met julle gedeel het nie!

Wel, here goes:


My natuurlike kleur...



Besig om te bleik...



Heelwat ligter...



Kersie rooi Fudge kleursel...



Besig om te set...



Fudge uitgewas. Hare gereed vir stilleer...



Die eindproduk!


Labels:

Tuesday, March 06, 2007

Soms verbaas ek myself...

Hallo maatjies,

Ek is al drie my vakke deur. Ek is verlig. Ek is verbaas.

Liefde,

A.

Labels: