Monday, March 19, 2007

Die nuwe monster wors...

Ontmoet vir Lolla hond:


Sy het reeds 3 van my onderbroeke, 2 pare sokkies, en twee en 'n halwe bome uit die samelewing verwyder.

Sy is tans hard besig (met die hulp van die hond Tudor natuurlik) om ons tuin volgens haar smaak te verander. Sy hou nogal van die maanlandskap tema - jy weet, met kraters en al.

Sy is veral lief vir leë toiletrolletjies (dit is wat agter haar bas lê, indien jy gewonder het)...


Eintlik is sy dierbaar.

Labels:

12 Comments:

Blogger Freddy sê...

Sy is pragtig. Ek het al gesien mense adverteer van hulle in die koerant, in Engels, as "Sausage Dogs". Ek het my natuurlik simpel gelag daaroor... dit kan mos nie wees nie?! Of is ek net oningelig? Dis mos soos om 'n boerboel in engels te adverteer as 'n "farmer bulldog" of so iets. Wat van "crazy teasers"?

19 March 2007 at 19:39:00 SAST  
Blogger Lammervanger sê...

Wat 'n aangename skepsel. Ek praat gereeld van sausage dog. Dan lag mense soos Freddy. Kort daarna sneuwel mense soos Freddy. Ek sal egter nie vir Freddy laat sneuwel nie, want hy sal die hemel se hekke van binne af toe hou as ek wil inkom.

20 March 2007 at 04:25:00 SAST  
Blogger dorothy sê...

i think it is beautiful. but does it yap?

20 March 2007 at 11:20:00 SAST  
Anonymous Anonymous sê...

Freddy en jou ekse Lam, hy en jou ekse.

In spaans is dit Perro Salchicha - letterlik "hond wors".

20 March 2007 at 11:25:00 SAST  
Blogger Adam sê...

Ek weet nie waaroor ek die blyste is nie: omdat niemand veel aandag gegee het aan my "nag vd lang messe" post, of dat almal van my nuwe monster wors hou nie...

Freddy - Ek hoor mense praat van sausage dogs, maar ek vind dit ook mildly amusing, aangesien dit na 'n direkte vertaling klink. Ek verkies die Duitse "Dachshund", en meeste Engelssprekendes verstaan wat mens daarmee bedoel.

Lam - Ek is bly jy vind haar aangenaam. IS jy een van daai mense wat nie daarvan hou as ander vir jou lag nie? (Geen oordeel te bespeur in die vraag nie, asb.)

Dorothy - Yes, she is beautiful. Her nose and tail gets longer by the day. She does not yap. Yet. Touch wood. The dog Tudor was a very quiet dog until she arrived. He has found his voice... Hope that some of his quiet nature rubs off on her as well.

PZ - Huh? Hoekom kan almal skielik Spaans praat?!

20 March 2007 at 11:37:00 SAST  
Anonymous Anonymous sê...

Ek hoop nie julle gaan daai pragtigste hondjie by 'n kennel* aflaai as julle kom kuier in die Kaap nie!

*Die Afrikaanse woord is "hondehawe" en dit klink net simpel, so 'skies.

20 March 2007 at 14:33:00 SAST  
Anonymous Anonymous sê...

Adam, dis toevallig een van die min goed wat ek onthou van die keer toe ek Spaanse lesse geneem het. Bloot toevallig dat Spaans die laaste paar dae so gewild is op die blogosfeer.

Freddy, "crazy teasers" : klink soos 'n bachelors party se tema.

20 March 2007 at 14:35:00 SAST  
Blogger Adam sê...

Carien - Uhm... Neewat. Ek kry gewoonlik iemand om gereeld 'n draai te kom maak as ek weg is.

20 March 2007 at 14:48:00 SAST  
Anonymous Anonymous sê...

Guns asseblief. Gaan registreer jou blog by BlogAfrikaans. My werkrespyt en getalm op die blogosfeer is besig om ongesonde afmetings aan te neem. As almal mooi op een blad gekonsentreer is, dan kan ek maklik sien wanneer daar nuwe inskrywings van my gunsteling blog-persoonlikhede is en miskien nog steeds regkry om in die regte wêreld te funksioneer.

21 March 2007 at 05:05:00 SAST  
Blogger Lammervanger sê...

Ek het self gewonder hoekom almal skielik in tale praat. Om jou vraag te antwoord - Nee ek is nie een van daai mense wat kwaad raak as iemand vir my lag nie. Trouens ek lag gewoonlik die hardste saam vir myself. Hoofsaaklik omdat ek verskriklik snaaks is. Met snaaks bedoel ek vlymskerp humorsin en nie spyker-julle-ou-matrasse-aan-die-mure-vas-en-sluit-hom-binne-in-die-kamer-toe snaaks nie.

Dick - as my ekse aan die binnekant wag sal ek maar 'n rukkie buitekant wag. Hoe lank kan vir ewig tog nou wees?

21 March 2007 at 05:06:00 SAST  
Blogger maeree sê...

hoekom mag ons nie kommentaar lewer op jou post oor geloof nie?

22 March 2007 at 11:13:00 SAST  
Blogger Adam sê...

Sorry Maeree. Adam het seker weer verkeerde knoppie gedruk. Als nou herstel.

A.

22 March 2007 at 11:33:00 SAST  

Post a Comment

<< Home