Tuesday, March 13, 2007

Wat ek die naweek geleer het...

1. My broer is meer konserwatief as wat ek gedink het (met verwysing na sy spirituele denke).
2. Die wêreld is nog kleiner as wat ek aanvanklik gedink het...

Labels:

7 Comments:

Blogger Freddy sê...

Agge nee, ek dink dis oneties om mense net nuuskierig te maak op jou blog. Ek wou nie die een wees wat vra nie, maar vandag sien ek nog niemand anders het nie.
1. Hoekom?
2. Hoekom?

14 March 2007 at 07:48:00 SAST  
Blogger Adam sê...

Aaag okey...

1. Ons kyk Sondagoggend (was die naweek vir 'n kuiertjie by my broer'le) na een van daai vele spirituele programme op SABC. Hulle wys 'n onderwyseres wat die kinders Mandalas laat teken en inkleur. Ek dink dis vrek oulik. Tot sy begin verduidelik hoe die buddhiste dit met gekleurde sand gedoen het, daaroor mediteer, en dit dan opvee om sodoende die energie in die wêreld in te stuur.

Nou, ek werk die laaste tyd heelwat met energie, en sê toe ek dink dis cool. Boetie se reaksie: klink vir my maar heidens...

Ek probeer toe maar verduidelik dat dit nie oor heidens of christene gaan nie, en nie noodwendig oor geloof nie, maar oor die energie wat in die wêreld ingestuur word.

Ons het nie verder daaroor gepraat nie. Ek het net besef boetie is nie gereed vir my spirituele praatjies nie...


2. Sondagmiddag gaan eet ons in 'n restaurant. Vreeslike oulike dekor, met klomp boeke en stuff teen die mure. In die middel van 'n stel ensiklopedië staan daar 'n klein foto'tjie met 'n plain houtraampie. Ek dog, hel, maar hierdie foto lyk mos bekend. Ek staan nader. Dis 'n foto van drie jong predikante in hul togas - vermoedelik met iemand se intree preek. Ek kyk nader. Boetie sê die foto lyk vir hom ook bekend. Ek kyk nog nader, en ja waragtag. Dis ons pa wat aan die regterkant staan.

Ons haal die foto af en bekyk dit mooi. Niks is agterop geskryf nie. Ons ken twee se name, maar kan nie die derde s'n onthou nie. Bel gou ons ma en vra haar. Sy ken ook die foto, en sê wie die derde jong predikant is. Ons roep die bestuurder, en vra of ons maar agterop kan skryf. Boetie skryf.

Ons vra die bestuurder of hy dalk weet waar die foto vandaan kom. Hy herken een van die name wat ons neergeskryf het. Die eienaar van die restaurant se pa is die ou links op die foto. Die ene wie se naam ons nie kon onthou nie.

Klein is die wêreld...

Nouja, Freddy, ek hoop jy is nou tevrede...

14 March 2007 at 09:18:00 SAST  
Blogger Cygnet Committee sê...

Lynnwoodrif Pretoria! Dis my ou area daai. Het daar grootgeword en gewoon vir die eerste 20 jaar van my lewe. Interessante blog. Dis sad om van jou kat te lees...
Cheers,
Cygnet

14 March 2007 at 12:55:00 SAST  
Blogger Freddy sê...

Baie dankie, ek is nou tevrede.

En ek het besef ons het ook al ontmoet.

14 March 2007 at 17:40:00 SAST  
Blogger Adam sê...

ons het?

14 March 2007 at 19:54:00 SAST  
Blogger Freddy sê...

Het gaan rondsnuffel.

Nee, ons het nie. Nie sover ek weet nie.

16 March 2007 at 11:46:00 SAST  
Blogger Adam sê...

Okaay. Hoekom het jy aanvanklik so gedink?

16 March 2007 at 12:27:00 SAST  

Post a Comment

<< Home