Friday, March 16, 2007

Van politiek en dit...

Ek vind toe mos nou gisteraand uit waaroor die hele "nag van die lang messe" gaan...

Nou wil ek net gou my sê daaroor sê:
  • Ek wil weet hoekom weet net die vêr regses altyd so baie van hierdie tipe komplotte teen die blankes?
  • Ek wil weet hoekom is die vêr regses so vatbaar vir conspiracy theories?
  • Ek is nie bereid om in te koop in 'n toestand van massa histerie nie...
  • Ek is nie bereid om my lewe deur angs te laat dryf nie...
  • Ek glo vrede is oppad (as ek net die res ook so kan laat glo sal dit werklik oppad wees).

Carl Gustav Jung het gesê (en ek leef my lewe daarvolgens):

"What you resist, will persist!"


Hoe meer mense anti-crime slogans uitgil, hoe meer trek hul daardie tipe energie na hulself toe aan. Moeder Teresa het eenmaal heftig gereageer op 'n uitnodiging na 'n Anti-War Rally. Sy het aan hulle gesê dat sy nooit in haar lewe 'n snars energie aan 'n anti-war campaign sal spandeer nie. As iemand 'n Peace Rally hou sal sy dit met liefde ondersteun...

So sterk voel ek daaroor
dat ek nie eens 'n poging gaan aanwend om enige artikel oor die bogenoemde aangeleentheid aan hierdie post te link nie!

Dink daaroor.

Labels:

7 Comments:

Blogger paul sê...

Great. Nou weet ek ook wat dit is. Ek hoop die mense wat so graag vrees en wantroue wil versprei is in die minderheid.

16 March 2007 at 21:06:00 SAST  
Anonymous Anonymous sê...

Ek kry die idee jy het The Secret ter harte geneem. Ek weet daarvan, maar het nog nooit kans gekry om dit te kyk nie. Sal jy dit aanbeveel? Ek het eenkeer met een van die verspreiders gesels, en sy het hierdie teorie oor hoe ons die misdaadprobleem erger maak met ons negatiwiteit. Sy meen Huisgenoot se veldtog, dra swart strikkies teen misdaad, is die mees teenproduktiewe ding moontlik.
Ek moet een of ander tyd meer oor dit alles uitvind.
Maar dat jy hulde bring aan die idee van postiewe denke en optimisme. Dis baie cool en ek wens ek kon ook aldag so postief wees.

18 March 2007 at 17:10:00 SAST  
Blogger Lammervanger sê...

Die hele "Nag van die Lang Messe" of Uhuru massahisterie is seker die grootste klomp k@k wat mense al kwytgeraak het. Dit is ook 'n baie goeie voorbeeld van hoe maklik dit is om verskillende kulture van mekaar te vervreem as hulle nie dieselfde taal praat nie. 'n Swart buddy van my wat ook sy PhD gedoen het, het byna sy gat geskeur toe ek hom van hierdie plan vertel waar al die swartmense soos een man tot aksie gaan oorgaan en die witmense uitmoor regoor die land. Hierdie plan waarvan al die swartmense mos weet en wag soos Batman wag vir sy vlermuis-lig in die nag. Absoluut belaglik.

18 March 2007 at 23:10:00 SAST  
Blogger Adam sê...

Paul - Sover ek weet is die ver regses in die minderheid. Waarskeinlik vrees hul die einde van hul eie voortbestaan... He-he...

Johannes - Ek het dit beslis ter harte geneem. Miskien is ek in daai opsig ook gullable om The Secret te glo. Darem nie sooo gullable om in Uhuru te glo nie. Ek stem saam met daai verspreider. Die heelaal vertaan nie van anti enige iets nie. Hy hoor net die woord oorlog, geweld, armoede, of hongersnood. Dit is 'n daaglikse aanwending van die teorie. Baby steps, Johannes, Baby steps...

Lam - Like die new hairs... Ek dink ook dis ernstige poefies. Is nogal regtig belaglik. Ek wil steeds weet hoekom ver regses so maklik inkoop in komplot teorieë. Miskien, soos ek vir Paul hierbo gesê het, omdat hul onseker is van hul eie voortbestaan. (btw, waarin het jy jou PhD?)

19 March 2007 at 11:21:00 SAST  
Blogger Lammervanger sê...

As jy hoor hoe die regses onder ons met mekaar praat, is dit amper uitsluitlik oor hoe sleg dinge gaan en hoeveel slegter dit nog gaan word. Die mense is ook ontsettend konserwatief en onnosel en dus maklik om soos skape rond te lei. En soos ek gesê het - swart en wit praat nie dieselfde taal nie, so enige regse idioot wat dink hy kan 'n swart taal verstaan kan sê dat hy die naweek deur Putsonderwater gery het en daar het hy drie swartmense hoor praat oor Uhuru. Ek het my PhD in die polimeerchemie verwerf...

19 March 2007 at 23:18:00 SAST  
Anonymous Anonymous sê...

Stem saam. Mense sny graag stilletjies hulle eie kele met daai laaang messe, deur brûe te brand en paniek te saai, en dan gaan vertel hulle vir almal - I told you so!

Hoekom is dit so moeilik om in te sien dat 'n mens nie 'n positiewe uiteinde kan verwag as jy negatiewe metodes aanwend nie.

20 March 2007 at 11:33:00 SAST  
Blogger Adam sê...

Idiwidi - Eerstens, welkom. Tweedens, mense is so grootgemaak: die vyand moet geëlimineer word, gewoonlik met geweld.

Ek beveel weereens "The Secret" aan vir almal wat se koppe nie te toe is nie. Kyk dit. Dink daaroor. Leef daarvolgens.

20 March 2007 at 11:43:00 SAST  

Post a Comment

<< Home