Friday, March 16, 2007

Van politiek en dit...

Ek vind toe mos nou gisteraand uit waaroor die hele "nag van die lang messe" gaan...

Nou wil ek net gou my sê daaroor sê:
  • Ek wil weet hoekom weet net die vêr regses altyd so baie van hierdie tipe komplotte teen die blankes?
  • Ek wil weet hoekom is die vêr regses so vatbaar vir conspiracy theories?
  • Ek is nie bereid om in te koop in 'n toestand van massa histerie nie...
  • Ek is nie bereid om my lewe deur angs te laat dryf nie...
  • Ek glo vrede is oppad (as ek net die res ook so kan laat glo sal dit werklik oppad wees).

Carl Gustav Jung het gesê (en ek leef my lewe daarvolgens):

"What you resist, will persist!"


Hoe meer mense anti-crime slogans uitgil, hoe meer trek hul daardie tipe energie na hulself toe aan. Moeder Teresa het eenmaal heftig gereageer op 'n uitnodiging na 'n Anti-War Rally. Sy het aan hulle gesê dat sy nooit in haar lewe 'n snars energie aan 'n anti-war campaign sal spandeer nie. As iemand 'n Peace Rally hou sal sy dit met liefde ondersteun...

So sterk voel ek daaroor
dat ek nie eens 'n poging gaan aanwend om enige artikel oor die bogenoemde aangeleentheid aan hierdie post te link nie!

Dink daaroor.

Labels: