Tuesday, October 31, 2006

Ek moet dit met die wêreld deel!

Dankie Maeree, jy het my dag, week en sommer jaar gemaak. Dit kom beslis in my favourites folder!

Kliek hier...

Monday, October 30, 2006

Wat ek die naweek geleer het... (4)

Bure bring nie meer vir mens 'n jug koeldrank as mens trek nie (miskien is dit net 'n stad ding...)

Wednesday, October 25, 2006

Van malgeit en dit...

Ek en Maeree is diep in gesprek oor ons individuele malgeit. Toe dog ek ek gaan doen 'n toets of twee:


Disorder

Rating

Paranoid Personality Disorder:Low
Schizoid Personality Disorder:Low
Schizotypal Personality Disorder:Low
Antisocial Personality Disorder:Low
Borderline Personality Disorder:Low
Histrionic Personality Disorder:Moderate
Narcissistic Personality Disorder:Low
Avoidant Personality Disorder:Low
Dependent Personality Disorder:Low
Obsessive-Compulsive Disorder:High

-- Take the Personality Disorder Test --
-- Personality Disorder Info --




What mental disorder do you have?
Your Result: ADD (Attention Deficit Disorder)

You have a very hard time focusing, and you find it difficult to stay on task without your mind wandering. You probably zone in and out of conversations and tend to miss out on directions because you cannot focus

Manic Depressive
Paranoia
GAD (Generalized Anxiety Disorder)
OCD (Obsessive Compulsive Disorder)
What mental disorder do you have?


Dankie bloute vir die link.

Die (hopelik laaste) groot trek...

Ons trek Saterdag. In ons splinternuwe huisie in.

Ons het nognie begin pak nie. Wel, tegnies gesproke het ons seker al (ek is net nie honderd persent seker of die feit dat Andries die badkamerkassie in 'n doos gegooi het tel nie).

Sy pa kom Saterdagoggend met 'n moerse sleepwa en twee 'hande' (seker eintlik dan vier hande) om te help. Ons trek gelukkig nie ver nie. Die nuwe huisie is in die nuwe kompleks langs die kompleks wat langs ons kompleks is waar ons nou woon.

Ons is opgewonde.

Uiteindelik.

Die realiteit wou nie eintlik inskop nie, maar toe ek pas 'n oproep van die ontwikkelaar kry om my te sê dat dit reg is met hom en dat ek maar die okkupasie huur kan inbetaal, skop realiteit full force in.

Jay.

Nou moet ons seker begin pak.

Ek weet net nognie van die hond Tudor nie. Die tuin (die grootste een in die hele, hele kompleks) kort nog 'n ekstra hek. Die hond Tudor hou van eksploreer. Daar is reeds twee skotse maatjies langsaan vir hom. Tudor verstaan nie skots nie. Hy verstaan net Afrikaans. En ook net partykeer. As hy lus is.

Die katte is chilled. Hulle is al gewoond aan trek.

Die vorige trek was van een eenheid na 'n ander in dieselfde kompleks. So, dit was heel vinnig en sonder komplikasies. Nou moet ons egter tot in die straat ry. Af in die straat ry. In by die nuwe kompleks. Aflaai. Probeer omdraai (ons bly heel agter in die hoek - min parkeer en/of omdraai spasie - oom Gawie is gelukkig bedrewe met goeters sleep). En al die pad terug. Daarvoor dus die moerse sleepwa. Oom Gawie gaan egter nie baie impressed wees as ons hom 'n stapel boeke, of borde, of onderbroeke in die hand stop nie. Ons het nie bokse nie. Ek sê mos, die realiteit het sopas eers ingeskop. FULL FORCE.

Agtog.

Gelukkig is ek 'n kalm rustige koelkop ou.

I think.

Monday, October 23, 2006

Wat ek die naweek geleer het...(3)

  • Tudor eet nie suurlemoen nie
  • Risotto word solied as dit staan
  • Mens kry nie Superthrive in Pretoria nie

Friday, October 20, 2006

My celebrity Look-alikes...




Die ironie van die saak is dat nie een van hulle na mekaar lyk nie...!

Soek jou celebrity look-alike hier, en kliek op "Face recognition".

Thursday, October 19, 2006

Ek neem foto's terwyl ek bestuur...

Te danke aan my oulike selfoon kan ek foto's neem terwyl ek bestuur, sonder om die kar te rol. Die ander bestuurders dink seker ek is weird... Dis gewoonlik sonsondergange.


Anderkant Brits

Anderkant Brits




My straat

My straat




Lynnwoodweg (#1)

Lynnwoodweg (#1)




Lynnwoodweg (#2)

Lynnwoodweg (#2)




N4-Wes (#1)

N4-Wes (#1)




N4-Wes (#2)

N4-Wes (#2)



Wednesday, October 18, 2006

Gedig...


Kinderaand op winterplaas – ’n herinnering

wanneer die dag net nie wil eindig nie
begin die son uiteindelik sakkend
agter die doringbome verdwyn,
en begin die donker stygend uit die grond op te stoom,
en al vullend die huis kamer vir kamer – al die hoeke en krake – vol te vloei,
en ons keer bangwordend die stadige inval
met gordyne al dig-trekkend,
en maak ook hier en daar ’n kers vlammend aan die brand

uiteindelik word die grootmense opstanend wakker,
en maak al kokende koffie op die koolstoof

en heelwat later
kerf ons etend oupa biltong op ouma brood

Tuesday, October 17, 2006

Lees dit...

"Love clears up and dissolves everything that is without peace and freedom"

Monday, October 16, 2006

Wat ek die naweek geleer het (2)...

Dat bome wat nie blare aan het nie, nie noodwendig dood is nie.

4 van my bonsai boompies lyk op die oog af dood (een van hulle omdat die hond Tudor dit goedgedink het om hom tot 'n stompie te verminder).

3 van hulle het begin bot (effens laat - net toe ek wou moed opgee).

self die afgekoude wilde vy het 3 nuwe takkies begin uitstoot...

die tyd van wonderwerke is nognie verby nie.

Friday, October 13, 2006

Worthy cause...

Hey almal,

Lees asb Triggermap se post oor die 1000 sketse (hier), en neem deel...

Lekker naweek,

A.

As die skoen jou pas...

Hierdie post moet jy vat vir wat dit is. As jy nie in hierdie tipe stuff glo nie, beweeg aan. Ek dink in elkgeval dat dit goed is om daarvan bewus te wees.


A cosmic trigger event is occurringon the 17th of October 2006

This is the beginning, one of many trigger events to come between now and 2013. An ultraviolet (UV) pulse beam radiating from higher dimensions inuniverse-2 will cross paths with the Earth on this day. Earth will remain approximately within this UV beam for 17 hours of your time.

This beam resonates with the heart chakra, it is radiant fluorescent in nature, blue/magenta in colour. Although it resonates in this frequency band it is above the colour frequency spectrum of your universe-1 which you, Earth articulate in. However due to the nature of your soul and soul groups operating from Universe-2 frequency bands it will have an effect.

The effect is every thought and emotion will be amplified intensely one million-fold. Yes, we will repeat, all will be amplified one million times and more.

Every thought, every emotion, every intent, every will, no matter if it is good, bad, ill, positive, negative, will be amplified one million times in strength.

What does this mean?

Since all matter manifest is due to your thoughts, i.e. what you focus on,this beam will accelerate these thoughts and solidify them at an accelerated rate making them manifest a million times faster than they normally would.

For those that do not comprehend:

Your thoughts, what you focus on create your reality. This UV beam thus can be a dangerous tool. For if you are focused on thoughts which are negative to your liking they will manifest into your reality almost instantly. Then again this UV beam can be a gift ifyou choose it to be.

Mission-1017 requires approximately one million people to focus on positive, benign, good willed thoughts for themselves and the Earth and Humanity on this day. Your thoughts can be of any nature of your choosing, but remember whatever you focus on will be made manifest in a relatively faster than anticipated time frame. To some the occurrences may almost be bordering on the miracle.

All we ask is positive thoughts of love, prosperity, healing, wealth, kindness, gratitude be focused on.

This UV beam comes into full affect for 17 hrs on the 17th of October 2006. No matter what time zone you are in the hours are approximately 10:17 am on the 17th of October to 1:17 am on the 18th October. The peak time will be17:10 (5:10 pm) on the 17th October. You do not need to be in a meditative state through out this time, though would be beneficial. The main key time, no matter what time zone you are in will be the peak time of 17:10 (5:10 pm).

Perhaps at this time if you can find a peaceful spot or location to focus. The optimum is out in the vicinity of grounded nature, likened to that of a large tree or next to the ocean waves. Focus on whatever it is you desire. What is required for the benefit of all Earth and Humanity is positive thoughts of loving nature.

We call this UV beam trigger event, "818" gateway. Please forward this message to as many people as you know who will use this cosmic trigger event to focus positive, good willed thoughts. We require approximately 1-million people across globe to actively participate in this event. Please use whatever communication mediums you have at your disposal. Reach out to as many people as possible. We require 1-million plus people at the least to trigger a shift for humanity from separation and fragmentation to one of unification and oneness. This is your opportunity to take back what is rightfully yours i.e. Peace and Prosperity for all Earth and Mankind.

This is a gift, a life line from your universe so to speak, an answer to your prayers. What you do with it and whether or not you choose to participate is your choice.




So, liewe vriende, Dinsdag is happy-thoughts dag...

Thursday, October 12, 2006

Eetversteurings...

In my studiegroepie was ek verantwoordelik vir die hoofstuk oor eetversteurings. Anorexia Nervosa en Bulimia Nervosa.

Die nervosa deel van die benaming verwys na die senuweestelsel, oftewel dat dit 'n senutoestand is.

As mens anorexia direk vertaal beteken 'orex' eetlus, 'an' die afwesigheid daarvan, en 'ia' dat dit 'n fiesiese toestand is (m.a.w. iemand wat geen eetlus het nie). As mens dieselfde met die woord bulimia doen, word die 'bu' afgelei van 'n Griekse woord vir bees, die 'lim' deel is afgelei van die Griekse woord vir eet, en die 'ia' weereens verwysend na 'n fisieke toestand (m.a.w. 'n toestand waar jy 'n bees kan eet). Vergelyk die uitdrukking: ek is so honger, ek kan 'n os eet.

Having said that, Anorexia word gekenmerk deur die toestand waar iemand hom/haar self geheel en al verhonger, en Bulimia word gekenmerk aan binge eating. Hiermee word bedoel dat so 'n persoon in 'n sitting verskriklik aan't ete gaan, en meer eet as wat 'n gewone mens sou.

Albei die toestande gaan onder andere gepaard met purging. Die Anorexia geval is dikwels meer suksesvol as die Bulimia geval. Daar is elke keer reeds van die voedingstowwe opgeneem voor die vinger in die keel gedruk word, en/of purgeermiddels geneem word.

Dit is in kort (baie kort) die maatstawwe vir die twee eetversteurings.

Nou wil ek weet: wat noem mens dit as iemand op 'n binge gegaan het (soos ek sopas), maar niks daaromtrent doen nie?

Ek hoop ek kry 'n antwoord voordat ek die hele 500g pak Peri-peri peanuts verorber het...

Tuesday, October 10, 2006

5 dinge wat ek nog wil doen (maar weet ek nooit sal nie)...

Hier is vyf dinge wat ek nog wil doen, maar wat ek weet ek nooit sal nie (jammer/dankie EOH - ek het jou idee gesteel).

1. Bungee jump

2. Valskerm spring

3. 'n Motorfiets koop

4. Die Bybel van voor tot agter deurlees (net om te kan sê ek het dit gedoen)

5. Gone with the Wind sonder onderbrekings klaar kyk

Monday, October 09, 2006

Wat ek die naweek geleer het...

  • Ek is nie so uitgesort as wat ek gedink het nie

  • My kop en my lyf is nie met mekaar verbind nie

Thursday, October 05, 2006

20 Random Feite...

Arcadia het my getag:

"I’ve stumbled upon a tagging-game – listing 20 random facts about yourself and then tagging a bunch of people to do the same."

Hier is my lysie:
  • Ek is die jongste van vyf kinders
  • Ek het sewe jaar gevat om 'n graad te kry
  • My gunsteling krui is Basil
  • Ek het blou oë, en ek vrek oor blou
  • Ek hou actually van my naam
  • Ek is die most random person wat Lourens ken
  • Ek het nie 'n fag-hag nie, iets wat my soms pla...
  • Ek is 'n kat mens
  • Ek was in 'n seunskool, en is gay (in geen spesifieke volgorde nie)
  • My gunsteling kledingstuk is 'n Celio trui, wat ek al 10 jaar het
  • Ek verkies 'n 10 en 'n 1/2 skoen, maar dra 'n 11
  • Ek is 1cm korter na my nek operasie
  • Die enigste gay vriende wat ek het is in vaste verhoudings (behalwe vir Lourens, hy tel nie, want hy is 'n beste vriend, nie 'n gay vriend nie)
  • Ek is eenkeer gearristeer vir 'n verkeersoortreding (motorlisensie) wat uitstaande was - en dit was nie eens my kar nie
  • Ek is verslaaf aan fliek en sjokolade (in geen spesifieke orde nie)
  • Ek het net een nefie (wat ek ken)
  • Coming of age boeke en flieks is my gunsteling
  • Ek kyk uit beginsel nie swart en wit flieks nie
  • Ek het al dagga gerook (moet netnie vir my ma sê nie, want sy het gesweer sy onterf die een wat ooit dwelms gebruik)
  • My gunsteling drankie is Sauvignon Blanc

Tuesday, October 03, 2006

Dankie virrie reent.

Monday, October 02, 2006

Ek wens dit wil nou reën en klaarkry.

Maandag/e...

Ek was vir 'n week nie by die werk nie. My baas was by die see. As die kat weg is, is die muis ook weg - in my situasie inelkgeval. Lekker né?

Dit maak vandag dag 1 na 'n week se niksdoen. Ek kan nie ophou gaap nie. Ek het maar my dag met 'n ekstra sakkie Vita-Thion begin.

Ek het vanoggend besef ek verjaar in die jaar van ons Heer 2006 op 'n Maandag. Ek het dit seker al vroeër die jaar raakgesien, maar dit het nie ingesink nie. Seker omdat dit nou nader kom dat dit begin registreer.

Maandag is nie 'n cool dag om op te verjaar nie. Wanneer hou mens jou paartie? Saterdag voor die tyd, of Vrydag na die tyd? Ek haat sulke besluite.

Insette sal waardeer word...