Monday, January 29, 2007

Wat ek die naweek geleer het...

Dat mens nie elke naweek noodwendig iets leer nie...
Dat ek meer van my liefie hou mét sy happy-pille as daarsonder...
Dat klein hondjies harde werk is...
Dat ek tans emosioneel onstabiel is...
Dat ek dringend iets aan my houding jeens vraestel #3 moet doen...

Dat daar ander mense (lees: mans) is wat ook van spinasie hou...!

Saturday, January 27, 2007

Herinnering...

Ek woon binne 'n kilometer radius van 'n Afrikaanse en 'n Engelse hoërskool. Gisteraand was dit die Engelse ene se interhuis sportbyeenkoms.

Eensklaps was ek terug in my kinderdae. Spesifiek die groot kinders se vele interhuise terwyl ek nog in die laerskool was. Soos voorheen genoem is ek die jongste van vyf kinders en boonop 'n laatlam. Dit wil sê dat ek vele hoërskool interhuise bygewoon het voordat ek self in die hoërskool gekom het.

My herinnering is hoofsaaklik sintuiglik van aard. (Is dit nie maar standaard nie?) Die aande was lig en soel: midsomer aande met helder ligte om die baan sienbaar te maak. Die reuk van wors op die kole, pannekoeke by die dosyne, gespanne pa's se sigaretrook, en deep-heat op seer spiere. Die smaak van roomys, gaskoeldrank ('n rariteit in ons huis), en vetkoek. Oorverdowend al die geluide. Honderde (dit was 'n klein gemeenskap) verskillende geluide: die aankondiger, die skote wat klap, die ouers wat skreeu, en die spanne waat sing.

Oral was kinders wat speel. Ek dink dit is die ding wat ek die beste onthou. Elkeen wat 'n ouer boetie of sussie gehad het was daar, en almal was maats. Die hoërskool se terrein was 'n onbekende wêreld om te ontdek. 'n Splinternuwe wêreldkaart vir ons om te teken. Kort-kort maak elkeen 'n vinnige inklok by die ouers, net om te check of hulle nog daar is, of om 'n kaartjie (lees: koepon) te kry vir nog 'n spookasem of nog 'n pannekoek.

Gisteraand raak ek heel nostalgies, en verlang na die onskuldige wêreld van my kindertyd. Alhoewel ek my nie altyd tuis tussen al die kinders gevoel het nie. My onskuld was nie dieselfde as die ander kinders s'n nie. Jy sien, my ma moes alleen op die pawiljoen sit. Daar was nie 'n pa wat rook of skelm 'n verlore traan wegvee as sy dogter met laeveld kleure nog 'n rekord breek nie. Die dogter se pa was nie meer daar om haar blokke in te slaan nie. Oom Jannie, haar afrigter, het nou daai rol oorgeneem.

En die ma? Sy het telkens daai skelm traan weggevee. Tweeledig, omdat haar man nie daar langs haar gesit het nie, en omdat haar (hul) dogter die oorwinnig sonder hom moes vier.

Ek? Ek het klaarblyklik sorgeloos in die verspring put gesit en speel. Kinders verstaan mos nie...

Monday, January 22, 2007

En Superhero?

Your results:
You are Superman

You are mild-mannered, good,
strong and you love to help others.



Superman
55%

Green Lantern
55%

Spider-Man
50%

Robin
45%

Batman
45%

Wonder Woman
40%

Iron Man
40%

Supergirl
35%

Catwoman
35%

The Flash
30%

Hulk
0%



Click here to take the Superhero Personality Test

Watter villain is jy?

Your results:
You are Apocalypse

You believe in survival of the fittest and you believe that you are the fittest.

Apocalypse
57%

Magneto
53%

Dr. Doom
51%

Mystique
40%

Juggernaut
36%

Lex Luthor
35%

Catwoman
33%

Dark Phoenix
26%

Kingpin
25%

Two-Face
24%

The Joker
23%

Poison Ivy
23%

Riddler
22%

Mr. Freeze
22%

Venom
18%

Green Goblin
16%




Click here to take the Supervillain Personality Quiz







Kan iemand my sê wie die ou is?!

Quote van die dag...

"A Freudian slip is when you use one word and actually mean your mother."







Het dit laasweek in 'n Reader's Digest by my ma gelees.

Wat ek die naweek geleer het...

Skoonpa's wat nuwe karre kry vertoon baie vreemde gedrag.

Tuesday, January 16, 2007

Quote van die dag...

Ek kom perongeluk op hierdie bladsy af (ek was opsoek na 'n quote van Jung!). Dit is wel nie Jung wat die volgende kwytgeraak het nie, maar die skrywer van die website:

"In my own belief, it is not just balance which we are approaching, but a time of constant and creative flux, one in which the balance is not about maintaining a perfect constant mix of gender attributes, but one in which we pick and choose constantly from the various attributes which we need at a given time, regardless of the gender to which we've arbitrarily assigned them. For myself, this means not worrying about external expectations of gender, and disregarding those social norms which tell me that if I'm "serious" about [my gender], I should wear lipstick, or get my ears pierced, or get my vocal cords surgically shortened to adopt a higher pitched voice. It means taking on roles which may sometimes be rigid and sometimes flexible, but primarily those roles which suit the situation best. It means not placing myself in the middle of specific spectra, but instead allowing myself to jump back and forth, to and fro, as the need suits me, across various traits and activities, calling my love and rage and hope and fear to whatever task I have before me."

Nou, die crux van die saak:

"In other words, it's not about gender. It's not about sex. It's not about being strong or weak. It's not about being rational or emotional. It's about that uniqueness of character, that complex intertwining of characteristics which can seem like complete opposites, but are really all just part of their own little system, interacting and bouncing off one another in synergistic glory, forming for myself that entire whole which is simply me."

Dit was in my oë nogal prolific. Ek wou dit graag met jul deel...

My wens is dat meer mense dinge so kan sien.



Lees die res hier.

Monday, January 15, 2007

Vandag was Vraestel #1...

Die hele afgelope week, nee, vanaf middel November, probeer ek my bes om ingewikkelde vergelykings soos dié logies te beredeneer én te begryp:

N∑xy – (∑x)(∑y)
r =
--------------------------------------
[N∑x²-(∑x)²] [N∑y²-(∑y)²]


Vanmore om 9h00 plak ek myself neer in die grootste eksamenlokaal ter wêreld (in my oë inelkgeval), en wag vir die vraestel. Nuwe sakrekenaar opgewarm en hopie handboeke langs my op 'n stoel gestapel, sit ek slaggereed en wag vir die gewraakte groen vraestel. (Die boeke was wettiglik daar).

Twee en 'n bietjie uur later kom ek agter daar is net 80 vrae en nie 100 soos beloof nie. Dit was 'n multikeuse vraestel. Dit was 'n DRIE-UUR multikeuse vraestel.

Ek wil net noem dat 44 van die 80 (ja, regtig. 44!) was gebasseer op navorsingsvoorstelle. Hierdie 44 vrae het almal min of meer so gelyk:

71. Consider the suitability of the research topic
The topic is a suitable research topic if:
(a) the researched issue is clear
(b) the researched issue is psychological in nature
(c) the issue is practically researchable

Rate 5: if (a), (b) and (c)
Rate 4: if (a) and (b)
Rate 2: if (a)
Rate 1: if none of the above


Nou moet ek net sê, hierdie vraag word toegepas op 'n voorafgaande navorsingsvoorstel (soos ek reeds genoem het). En nou wil ek net vra, wat gebeur as ek voel net (b) is van toepassing? Kan iemand dit vir my verduidelik?

Ek was die 2e of 3e persoon wat opgestaan en uitgeloop het. My twee vriendinne was albei baie, baie na aan trane.

Ten minste is dit nou agter die rug.

Ek is bly dat ek hier is om die verhaal te kan vertel...




PS. Al waarvoor ek toe my sakrekenaar gebruik het, was om te bereken of ek darem die vraestel sal deur wees...

Ek het 'n probleem...

Blogger wil nie hê ek moet prentjies oplaai nie. (Inelkgeval nie op my splinternuwe wireless netwerk by die huis nie...!)

Boooo!

Thursday, January 11, 2007

Die Sage van die Boom...

Onthou julle dat die hond Tudor een van my bonsai halfpad opgeëet het? Nouja, hier is die foto's:







Die afgekoude bonsai...







Vanuit 'n ander angle...







Hoe hy vandag lyk (die voorste tak).
Hy't gelukkig weer uitgeloop...







Die culprit...





Posted by Picasa