Herinnering...
Ek woon binne 'n kilometer radius van 'n Afrikaanse en 'n Engelse hoërskool. Gisteraand was dit die Engelse ene se interhuis sportbyeenkoms.
Eensklaps was ek terug in my kinderdae. Spesifiek die groot kinders se vele interhuise terwyl ek nog in die laerskool was. Soos voorheen genoem is ek die jongste van vyf kinders en boonop 'n laatlam. Dit wil sê dat ek vele hoërskool interhuise bygewoon het voordat ek self in die hoërskool gekom het.
My herinnering is hoofsaaklik sintuiglik van aard. (Is dit nie maar standaard nie?) Die aande was lig en soel: midsomer aande met helder ligte om die baan sienbaar te maak. Die reuk van wors op die kole, pannekoeke by die dosyne, gespanne pa's se sigaretrook, en deep-heat op seer spiere. Die smaak van roomys, gaskoeldrank ('n rariteit in ons huis), en vetkoek. Oorverdowend al die geluide. Honderde (dit was 'n klein gemeenskap) verskillende geluide: die aankondiger, die skote wat klap, die ouers wat skreeu, en die spanne waat sing.
Oral was kinders wat speel. Ek dink dit is die ding wat ek die beste onthou. Elkeen wat 'n ouer boetie of sussie gehad het was daar, en almal was maats. Die hoërskool se terrein was 'n onbekende wêreld om te ontdek. 'n Splinternuwe wêreldkaart vir ons om te teken. Kort-kort maak elkeen 'n vinnige inklok by die ouers, net om te check of hulle nog daar is, of om 'n kaartjie (lees: koepon) te kry vir nog 'n spookasem of nog 'n pannekoek.
Gisteraand raak ek heel nostalgies, en verlang na die onskuldige wêreld van my kindertyd. Alhoewel ek my nie altyd tuis tussen al die kinders gevoel het nie. My onskuld was nie dieselfde as die ander kinders s'n nie. Jy sien, my ma moes alleen op die pawiljoen sit. Daar was nie 'n pa wat rook of skelm 'n verlore traan wegvee as sy dogter met laeveld kleure nog 'n rekord breek nie. Die dogter se pa was nie meer daar om haar blokke in te slaan nie. Oom Jannie, haar afrigter, het nou daai rol oorgeneem.
En die ma? Sy het telkens daai skelm traan weggevee. Tweeledig, omdat haar man nie daar langs haar gesit het nie, en omdat haar (hul) dogter die oorwinnig sonder hom moes vier.
Ek? Ek het klaarblyklik sorgeloos in die verspring put gesit en speel. Kinders verstaan mos nie...

5 Comments:
Skool events is die naarste dinge. Dit was vir my 'n euwel, soos meeste ander dinge op skool maar vir my was.
Ek was net vir so paar dae in Nairobi, in transito kan jy se. Nou is ek in Taiwan.
Ek het die blou Crunchies gelove op daai byeenkomste en vyf pakkies tamatie Fritos vir een Rand gekoop. In standerd drie het een outjie pak gekry omdat hy sy hande in die lug opgegooi het nadat hy die 1000m gewen het...
Onderwysers is soms baie weird. Albei my susters, een broer, ma en ouma is/was onderwysers... Ek het dit ook op 'n dag oorweeg. Miskien as plan A tot Z flop en ek van voor af moet begin dink, sal ek dit oorweeg om ene te word.
In 'n wêreld waar almal dieselfde verdien het en waar kinders nog geluister het, sou ek graag 'n onderwyser wou gewees het. My ma, pa, oupa en twee tannies is almal onderwysers.
Ek lees pas weer die inskrywing, en daar is ek sommer in trane... Nou weet ek hoe simpel my ma voel as sy vir haar eie stories huil...
Post a Comment
<< Home