Monday, January 15, 2007

Vandag was Vraestel #1...

Die hele afgelope week, nee, vanaf middel November, probeer ek my bes om ingewikkelde vergelykings soos dié logies te beredeneer én te begryp:

N∑xy – (∑x)(∑y)
r =
--------------------------------------
[N∑x²-(∑x)²] [N∑y²-(∑y)²]


Vanmore om 9h00 plak ek myself neer in die grootste eksamenlokaal ter wêreld (in my oë inelkgeval), en wag vir die vraestel. Nuwe sakrekenaar opgewarm en hopie handboeke langs my op 'n stoel gestapel, sit ek slaggereed en wag vir die gewraakte groen vraestel. (Die boeke was wettiglik daar).

Twee en 'n bietjie uur later kom ek agter daar is net 80 vrae en nie 100 soos beloof nie. Dit was 'n multikeuse vraestel. Dit was 'n DRIE-UUR multikeuse vraestel.

Ek wil net noem dat 44 van die 80 (ja, regtig. 44!) was gebasseer op navorsingsvoorstelle. Hierdie 44 vrae het almal min of meer so gelyk:

71. Consider the suitability of the research topic
The topic is a suitable research topic if:
(a) the researched issue is clear
(b) the researched issue is psychological in nature
(c) the issue is practically researchable

Rate 5: if (a), (b) and (c)
Rate 4: if (a) and (b)
Rate 2: if (a)
Rate 1: if none of the above


Nou moet ek net sê, hierdie vraag word toegepas op 'n voorafgaande navorsingsvoorstel (soos ek reeds genoem het). En nou wil ek net vra, wat gebeur as ek voel net (b) is van toepassing? Kan iemand dit vir my verduidelik?

Ek was die 2e of 3e persoon wat opgestaan en uitgeloop het. My twee vriendinne was albei baie, baie na aan trane.

Ten minste is dit nou agter die rug.

Ek is bly dat ek hier is om die verhaal te kan vertel...




PS. Al waarvoor ek toe my sakrekenaar gebruik het, was om te bereken of ek darem die vraestel sal deur wees...

3 Comments:

Anonymous Anonymous sê...

Goeiste... Watse vak is dit? Wie besluit wat die regte antwoord is?

16 January 2007 at 10:30:00 SAST  
Blogger Adam sê...

Navorsings Metodologie (op Honneurs vlak).

'n Rekenaar het die regte antwoord in pag...

16 January 2007 at 11:34:00 SAST  
Blogger Adam sê...

Oja, dit was nie 'n tikfout van my nie, daar is regtig vrae wat nie 'n #3 antwoord het nie...!

16 January 2007 at 16:41:00 SAST  

Post a Comment

<< Home