Monday, December 11, 2006

Wat ek die naweek geleer het... (8)

Los die ophang van dakwaaiers oor aan bevoegde skoonpa's. Hulle weet presies hoe om dit te doen...

8 Comments:

Blogger maeree sê...

hehe. as my pa kom kuier, maak ons vooraf seker dat soveel dinge moontlik gebreek is. hy kom in, begin aan deurknoppe trek ens, maak alles reg wat stukkend is en gaan weer huis toe. ons bepaal dus die lengte van my ouers se kuiers mbv takies in en om die huis.

12 December 2006 at 09:48:00 SAST  
Blogger Adam sê...

He-he. Dan voel hul sommer handig en als. Ek voel ook gladnie of my manlikheid aangetas word nie - ek is maar te bly daar is iemand meer bevoeg om dit namens my te doen.

Ek wonder nou net of hy met die boekrakke ook gaan kom help?

12 December 2006 at 11:20:00 SAST  
Blogger dorothy sê...

what's a dakwaaier?

12 December 2006 at 15:21:00 SAST  
Blogger maeree sê...

dis soos 'n pierewaaier, maar jy maak hom aan die dak vas om daar mooi te lyk.

12 December 2006 at 16:20:00 SAST  
Blogger Adam sê...

Hahahaha. Dorothy, its a ceiling fan. Just ignore Maeree for now...

12 December 2006 at 16:33:00 SAST  
Blogger Lammervanger sê...

Ek weet van 'n geval waar die meisie se kar 'n pap wiel gehad het en die boyfriend toe aangebied het om dit om te ruil. Die probleem was dat die kar voor die skoonpa se huis gestaan het en dat die boyfriend nog nooit 'n wiel omgeruil het nie. Na 15 minute se gesukkel voor 'n skaflike gehoor wat skoonpa en die ander sussies se boyfriends ingesluit het, moes die ou maar sy trots in sy sak steek en vra of iemand hom kan help asseblief. DIY kan 'n suurlemoen word wat jou 'n liederlike skoot in die oog kan gee.

12 December 2006 at 22:53:00 SAST  
Blogger maeree sê...

lammervanger, was dit jy? gelukkig weet mense wat saak maak dat jou manlikheid niks te doen het met jou vermoë om pap bande om te ruil nie.

15 December 2006 at 11:14:00 SAST  
Blogger Lammervanger sê...

Maeree dit was nie ek nie. Ek sou dit ruiterlik erken het indien dit wel die geval was. Jy is doodreg dat jou manlikheid nie deur jou wielomruiltalente bepaal word nie, maar dit was vir die knaap onder bespreking nog steeds 'n onaangename ervaring. So voor die skoonpa en alles.

17 December 2006 at 05:00:00 SAST  

Post a Comment

<< Home