Monday, November 27, 2006

Sak Sarel!

Dorothy het 'n ding begin. Hier is my bydrae:

  • 1 x beursie
  • 1 x ID boekie
  • 1 x boekie met 7 winkel kaarte (ie. Woolies, @Home, etc.)
  • 1 x botteltjie #8 Natura Biochemic Tissue Salts pilletjies(help vir: Cramps, Spasms, Headaches)
  • 1 x botteltjie Nasonex neussproei
  • 1 x hourtjie Heel Traumeel pilletjies (help vir inflammasie van spiere)
  • 1 x botteltjie Weleda Sambucus Comp. Sinus, Post-nasal Drip Remedy (speaks for itself)
  • 1 x buis Nivea Soft vogroom
  • 1 x Visual Diary (A5 grootte - inhoud is my geheim)
  • 1 x The English Patient deur Michael Ondaatje (2005 Kersgeskenk van my ma - koevert as boekmerk in die middel van die boek)
  • 1 x Pick 'n Pay kwitansie (vir Drain Cleen Granules. Datum: 18/11/2006)
  • 1 x R50 afslag geskenkbewys van Edgars (van die Club, omdat ek in November verjaar)
  • 1 x kwitansie van Hi-fi Corporation vir 'n AEG wasmasjien, 'n multiplug, en afleweringsfooi (datum: 31/10/2006)
  • 1 x refund kredietkaartstrokie van Hi-fi Corporation vir bogenoemde items (datum: 23/11/2006)
  • 2 x restaurant pepermente
  • 2 x sjokolade balletjies wat ek Sondag by 'n skouhuis gevat het (is wonderbaarlik nog rond!)
  • 1 x Woolies still spring water (ook by skouhuis gevat)

Dit was bevrydend.

Dankie.

4 Comments:

Blogger Margie sê...

Jy's nie dalk 'n hypochondriac nie? :)

Bly jy't eindelik jou wasmasjien! Ek moet ook nou begin uitkyk vir een, want ek trek een van die dae na 'n wasmasjienlose woonstel. Wish me luck!

28 November 2006 at 10:59:00 SAST  
Blogger Adam sê...

He-he. Nee dit lyk net so.

Die Heel en die Tissue salst is vir my nek wat soms seer word, en/of spasm.

Die res is vir sinus cum hooikoors, wat mens uit die bloute tref. Jy't seker opgelet dat daar nie enige tissues of sakdoeke genoem word nie. Ek het dit selde nodig omdat ek neussproei en hooikoors druppels het... :-)

My raad aan jou rakende die wasmasjien: gaan eerste na die regte plek toe.

28 November 2006 at 11:04:00 SAST  
Blogger maeree sê...

is dit al?
ek is bly om nog iemand te sien wat glo dat dit gesond is om 'n paar natuurlike remedies met jou saam te dra.

29 November 2006 at 13:30:00 SAST  
Blogger Adam sê...

My sak is nogal klein. Dit is 'n ou army sak of sorts wat nog my ouboet s'n was toe army nog verpligtend was. My ander broer het anderdag gesê dis 'n radiosak... (Watookal.)

Ek is lief vir suikerpilletjies onder my tong smelt. Ek het altyd my ma se calsium naelpilletjies gesteel toe ek klein was.

29 November 2006 at 14:36:00 SAST  

Post a Comment

<< Home