Monday, November 27, 2006

Wasmasjien: Update... (6 - die einde van die sage)

Donderdag oggend het ek my studies onderbreuk (yea right) en die pad gevat na Atterbury Value Mart. Dit is tans chaos daar. Hulle is besig om die parkade te vergroot. Heel onder - aan die stad se kant - is Hifi Corporation geleë. Dis daar waar ek toe ingaan.

Binne in die winkel neem dit my 'n geruime tyd om iemand se aandag te trek. Uiteindelik vra ek 'n blondekop seun om vir Oliver te roep, sodat ek met hom kan praat (Oliver Dove is die bestuurder van Hifi Corporation se Atterbury tak).

Oliver vat sy tyd voor hy met my kom praat.

Ek sê vir Oliver ek wag nou vier weke en twee dae vir my wasmasjien en ek dink ek wil my geld terug hê. Oliver kyk my 'n rukkie aan... Oliver vra of ek nie dalk eerder 'n Samsung of LG wil hê nie, want hulle is ook goed, en hoekom spesifiek AEG. Ek sê needankie. AEG is persoonlike smaak en keuse. Oliver sê hy is jammer, maar AEG se verspreiders hou hom aan 'n leintjie. Ek sê ook ek is jammer. I will not budge... Oliver sê fine. Ek sê great. Ek kry my geld terug. Ek is bly.

Dis toe nou kort daarna wat ek begin agterkom dat niemand in Pretoria voorraad van AEG wasmasjiene het nie...

Op die ou end is die einste Atterbury Hifi Corp die enigste iemand met voorraad - teen Saterdag inelkgeval. Maar ek is te trots om terug te gaan. Die prys is inelkgeval R300 duurder.

Saterdagmiddag pak ek af Menlyn toe. Ek wil net sê, vir enige persoon wat compus mentis is, en so wil bly: moenie oor 'n naweek Menlyn toe gaan nie! (Ek wou op 'n stadium op die 3 verdieping hoë kersboom spring en uitskreeu: Kersfees is nog 'n maand weg! Wat soek julle hier?!)

Nietemin.

Ek spring toe vinnig by Game in - wel, so vinnig as wat die stroom mense my toegelaat het. Ek steek my trots in my sak, en aanvaar die demo model wat op die vloer staan. Daar is 'n klein krapmerjie aan sy kant, en ek kry R300 afslag - R100 minder as die aanvanklike bedrag by Hifi Corp.

Ek is gelukkig.

My masjien word vannaand afgelewer.

Ek wonder wat ek met al die spasie in die kamer gaan doen waar die berg vuil klere homself tans lê en evoleer?

4 Comments:

Blogger Pienk Zuit sê...

Het julle al 'n skottelgoedwasser? Volgens my selfs belangriker as 'n wasmasjien, of selfs 'n tv.

27 November 2006 at 13:23:00 SAST  
Blogger Adam sê...

Dit was die heel eerste ding wat ek gekoop het! Beste geld wat ek nog ooit spandeer het.

Hy is juis 'n AEG, en die twee gaan langs mekaar staan, mag dus nie verskillende make wees nie. Ek weet, klink bietjie kleinlik, maar dis hoe dit is.

27 November 2006 at 15:21:00 SAST  
Blogger Unknown sê...

Dude, jy's inderdaad baie braaf. Daar is geen manier dat jy my oor 'n naweek naby Menlyn kry nie. Ek is in elk geval paranoïes oor transito-roof pogings en hou nie van die idee van doodgaan in die openbaar nie. So onwaardig. En dit in die feesseisoen.

Ek sou dit ook nie naby HiFi Corp waag nie - te veel stof en hulle personeel het "hulpvaardigheid" tot 'n irriterende kuns vervolmaak. 'n Mens mag nie eens na 'n strykyster kyk nie, of 'n snuiter spring agter die mikrogolfoonde uit om sy plakker daarop te sit. Maar ek is bly jy het uiteindelik die masjien gekry sonder om jou brand lojaliteit prys te gee. Ek het nou die dag al die pad Johannesburg toe gery om 'n Philips DVD player te koop, so ek weet hoe jy voel.

27 November 2006 at 15:22:00 SAST  
Blogger Adam sê...

Jy is bevoorreg om hulp te kry! Ek soek myself gewoonlik blou, en almal lyk so verveeld en onbetrokke as ek hul nader.

Oor Menlyn: Nood leer bid...

27 November 2006 at 15:55:00 SAST  

Post a Comment

<< Home