Wednesday, November 08, 2006

Van wasmasjiene en dit...

Steeds het ek nie my wasmasjien gekry nie...

Ek is nou baie vinnig besig om uit skoon klere te hardloop. (Gelukkig kan mens 'n denim vir baaaie lank dra voor die vuil begin wys... Gelukkig het ek 'n hele paar denims...) Ek het vanmore in die stort oorweeg om al die undies op die stortvloer te gooi, en dit te pars terwyl ek was. Kan mos werk, of hoe?

Ek wend my gister toe maar na hellopeter.com, ken julle hom/dit?



Tell the world on hellopeter.com


Wel, na my klagte het ek 'n reply gekry van die klientediens bestuurder van HiFi Corp wat sê dat hulle gou in verbinding met my sal tree, en dat sy my mail aan die bestuurder van Atterbury gestuur het.

Ek het paar minute terug 'n oproep van Zelda gehad om te hoor presies wanneer Donderdag ek met haar gepraat het. Ek sê toe ek is vreeslik jammer, dalk het ek die name verkeerd, maar die Zelda met wie ek gepraat het was nie Afrikaanssprekend nie, definitief swart en werk ook nie by Atterbury nie, maar by Montana.

Nou wag ek maar vir die volgende oproep...

2 Comments:

Blogger paul sê...

Oor wasmasjiene gepraat, hier is 'n skinderstorie oor een van my mede studente wat 'n Indiër is, en dus nie so besonder skoon nie:

So 'n week terug het hy blykbaar navraag gedoen oor hoe die wasmasjiene hier dan nou eintlik werk. Nadat hy meer as twee maande hier bly. En glo my, dis glad nie so vergesog om te dink dat hy nou vir die eerste keer sy klere was nie...

08 November 2006 at 23:25:00 SAST  
Blogger Mad Maddy sê...

Ag maatjie, so is die lewe mos maar. Mens sukkel maar net voort... Mens sou dink dat enige company wat 'n diens lewer dit graag effektief sou wou doen om SO hulle naam te versprei, eerder as deur 'n slegte reputasie. Nou ja, almal dink seker maar nie dieselfde oor dienslewering nie. Net om jou bietjie beter te laat voel: dis NIKS beter hier in Engeland nie! Miskien selfs erger omdat mens hier beter verwag! Het die afgelope paar weke veral 'n hele paar customer service issues gehad met verskillende companies wat behoorlik my bloed laat kook het!!!

Sterkte en moet nou nie TE kwaad word nie, dis nie goed vir jou gesondheid nie! ;-)

PS: As jy nie gou weer kommentaar op MY blog los nie gaan ek baie hartseer en verlate voel...

09 November 2006 at 01:43:00 SAST  

Post a Comment

<< Home