Monday, November 06, 2006

Pretoria: Koek...

Hierdie post handel oor waar mens lekker dinge in Pretoria kan opspoor (nee, nie daai soort koek nie - die melk, meel en vanilla soort). Die idee kom van Arcadia, wat voorgestel het ons rave bietjie oor ons hometowns op ons blogs.

Ek gaan in hierdie post rave oor na-ete stuff en/of teetyd stuff.

Ek het 'n ruk gelede in een of ander tydskrif gelees (kon dalk Insig gewees het) dat die lekkerste koek in Pretoria in Menlopark sy tuiste het. In die Greenlyn sentrum (oorkant die Menlopark Spar) is daar 'n plekkie met die naam L'Epis D'Ore. Dit is 'n Franse plekkie wat weggesteek is in een van die sentrum se hoeke. Ek het self nognie een van hulle snye aangedurf nie, maar sal jul op hoogte hou. (Die oggend toe ons daar gaan ontbyt eet het, was die Franse eienaar geklee in 'n Bloubul trui. Surreal...)

Die lekkerste Croissants vind mens by Grapevine op die Brooklyn Square. Grapevine maak al hulle koeke en terte self. Arcadia voel egter La Spiga is die plek vir Croissants. Corlia wat lank in Frankryk gewoon het stem egter saam met my... Terwyl jy by Grapevine is, bestel hul suurlemoen ystee. Onvergeetlik! Dit is tee met 'n skep of twee suurlemoen sorbet in. Njam.

La Spiga maak 'n bobaas Bienenstich. Ek sit egter nooit weer my voete daar nie, want hulle het my eenmaal 'n vrotte verkoop. Toe ek teruggaan om dit om te ruil wou hulle nie. Hul reaksie: dit lyk maar partykeer so...

Gaan dan maar liewer na Zuckerbacker in Hazelwood vir jou Bienenstich. Ewe lekker.

As jy lief is vir 'n cappucino (kon dit nog nooit spel nie!) na ete kan jy gerus na Traumerei in die Wilgers gaan. Dit is 'n franchise wat sy oorsprong in Kimberley van alle plekke het. Ry af in Lynnwoodweg. Verby Safari. Verby Presleys. Eerste sentrum links - Willow Way is die sentrum se naam. Hulle het ook nou 'n organies koffie reeks gekry wat regtig aan te beveel is.

Ek is ernstig op soek na die plek in Pretoria wat die lekkerste baclava aanhou. Grapevine, hul croissants ten spyt, se baclava is nie lekker nie. Op hierdie stadium eet ek gereed my baclava by Ocean Basket. Dit is ongelukkig dikwels effens hard en/of droog. Meeste van die tyd nie. Moet net nooit probeer koffie drink by Ocean Basket nie!!! Stap liewer oor Mugg toe v jou koffie (of die naaste ander shop van jou keuse).

Onder in Menlyn het daar onlangs 'n nuwe plekkie oopgemaak met die naam Cinnabon. Wees gewaarsku! Hulle moes dit eerder met 'n 's' gespel het. Dit is jou gebruiklike chelsea bun, maar het neute in, en kry 'n karamelsous bo-oor. Ek het aanvanklik 'n grote bestel, maar kon dit beswaarlik opeet. Hierdie chelsea bunns is nie vir sissies nie, en ook nie vir mense met gewigs issues nie... Hulle koffie is ook lekker.

Ek het gehoop om Mugg & Bean uit hierdie post te hou, maar as jy oor Lemon Merengue wil praat, moet jy dit heellaas noem... Ander plekke se merengue is dikwels taai of plat en het te min vulsel. Mugg s'n handhaaf 'n goeie balans. Dis net jammer dat mens 'n kleinerige Afrika landjie met een van hul snye kan voer. BUT WAIT, THERE's MORE: op Mugg se nuwe menu kan mens 'n halwe sny koek bestel! Daar bly die skuldgevoelens agter saam met die ander helfte op die koekbord. Gaan geniet hom!

As diens en kwaliteit kos vir jou nie so belangrik is as die ervaring nie, is daar 'n paar juweeltjies in Pretoria waar dit meer oor die scenery gaan as oor die res. Gaan maak 'n draai by Plumbago in Genl. Louis Botha laan, Blue Crane Restaurant by die Austen Robberts voëlpark, Rademeyers in Moreletapark, Kimiad in Moreletapark, Safari Tuinsentrum in Lynnwoodweg, en Tina Skukan in Koedoesnek weg bo in Faerie Glen. Laasgenoemde het 'n galery op die perseel, met kunswerke van uitstaande gehalte. Terwyl jy daar is, probeer hulle Hoenderpastei of hul tuisgemaakte Bobotie. Proe nes jou ouma s'n. Belowe.

Nouja, dis die belangrikste koek en tee spots (volgens my) in Pretoria. Ek het spesifiek Hartebeespoort uitgesluit omdat dit 'n post op sy eie sal kan maak.

Gaan drink en proe, en laat weet my wat jy dink...

2 Comments:

Blogger arcadia sê...

baie cool post. ek gaan definitief hierdie l'epis d'or-plek try. sommer gou. was jy ooit by daai essence-restaurant in die wilgers-sentrum voor hul toegemaak het? baie lekker eend, net vrekduur. en ek moet se, ek is nie 'n vreeslike fan van restaurante in strip malls nie. in eastwood is daar 'n deli met die naam imagine - hul het goeie baklava. die vrou het altyd 'n stalletjie by die irene-kosmark gehad en ek het altyd daar van haar baklava geproe. al die ander plekke in die laaste paragraaf wat jy genoem het is ook lekker...daar's 'n paar wat ek nog gedink het om in te sluit (pride of india, pachas, smoke) maar omdat hul nie absolute favourites is nie het ek hul gelos vir 'n volgende keer. my favourite stuk koek in pta het ek ook uitgelos (omdat dit van 'n franchise afkomstig is en ek besluit het om nie franchises in te sluit nie) - die baked chocolate mousse cake van seattle coffee company. fan-fokken-tasties.

06 November 2006 at 14:09:00 SAST  
Blogger Adam sê...

Ek was by Essence, laasjaar September toe An3s verjaar het. Dit was ongelooflik lekker. Hannes het die eend gehad, en het gesê dit was beslis die moeite werd (en hy het al eend in Europa geëet).

Ek het gehoor van Imagine, maar was nognie self daar nie.

My ma skuld my 'n uiteet by Pachas. Ek en An3s het haar troukaartjies gemaak, en sy en die oom het gesê hulle sal ons uitvat vir ete. Hulle is nou al amper 4 jaar getroud...

Haai, wie sou nou kon raai dat Seattle se koek bo aan jou lys is?! Ek sal dit traai. Seattle is volgens my bietjie overpriced, maar dit herinner my aan my week in Amerika, so ek haal maar uit... Sal die koek gaan eet. Sommer die week nog (of vir my upcoming birthday...).

(WV: isxil)

06 November 2006 at 14:42:00 SAST  

Post a Comment

<< Home