Wednesday, December 06, 2006

Post # 60: Die Adam boom...


Die 23e grootste boom in die wêreld is 'n Giant Sequoia (Sequoiadendron giganteum) - oftewel 'n Sierra Redwood - met die naam: Adam.

Hy is 247.4 voet hoog, en 82.2 voet in omtrek. Sy volume beslaan 36,600 kubieke voet. (Kan iemand dit asseblief vir my omskakel in meters?) Hy is die 21e grootste Sequoia in die wêreld. Hy woon in die "Middle Tule Grove" in die "Tule River and Kern River watersheds". Dit is in die Sequoia National Park in California.

Kyk na die verskillende Sequoia Groves.

Lees meer oor die Giant Sequoia.

3 Comments:

Blogger Adam sê...

Julle is almal te stadig.

Hoogte: 247,4 ft = 75,4m
Omtrek: 82.2 ft = 25,05m
Volume: 36 600 kb-ft = 1036,34 kb-m

Sjoe-ie.

(Vergeet my foon kan omskakelings doen...)

06 December 2006 at 10:41:00 SAST  
Blogger Unknown sê...

Wow, dis so cool. Hoe het jy op dié boom afgekom? Ek dink dit moet amazing wees om in een van daardie woude te staan en te weet dat al daardie bome alreeds stokoud was to Columbus Amerika ontdek het.

07 December 2006 at 11:21:00 SAST  
Blogger Adam sê...

Daar is hierdie weirdo Britse vasvra program met die naam QI. Ek het op Wiki gaan kyk na opsommings van hul episodes. Daar is die weirdste feite. Bv, finocchio wat die Italiaans vir vinkel (fennel) is, is ook straat slang vir homoseksueles in Italië... Weird.

Kliek hier.

07 December 2006 at 16:49:00 SAST  

Post a Comment

<< Home