Friday, July 06, 2007

Adam 101

Om jammer te sê vir die lang stilte het ek gedink ek sal al my lesers net gou weer update met wie Adam is. (Ek het tans verkoue en my kop is seer, so verkoon asseblief enige vreemde stellings of verwysings).

Hier volg dus 'n Adam 101:

1. Ek het blou oë.
2. Ek het mooi hande.
3. Ek het mooi bene.
4. Ek het vir twee jaar geballet (verwys terug na nr.3).
5. Ek swot sielkunde
6. My pa is dood toe ek 4 en 3/4 jaar oud was.
7. Ek trek tans by stiefpa nommer twee.
8. Ek hou heelwat meer van stiefpa nommer twee as van stiefpa nommer een.
9. Ek hou van my baas.
10. Ek hou van my naam.
11. Ek het my pa se naam geerf (lw. nrs. 10 en 11 het niks met mekaar te doen nie).
12. Ek hou van 'n groot verskeidenheid musiek, te veel om op te noem.
13. Ek hou van skilder en teken, alhoewel ek dit so lanklaas gedoen het dat ek nie eintlik meer kan onthou hoe dit voel nie.
14. Ek hou van skryf.
15. Ek hou van my eie handskrif.
16. Ek hou van my eie handtekening.
17. Soms dink ek ek praat te veel oor myself.
18. Ek het nie juis groot vrese in die lewe nie.
19. Behalwe om geskiet te word.
20. Ek gril meer vir slange as wat ek vir hulle bang is.
21. Dis hoe oud ek was toe ek uit die kas gekom het vir die hele wêreld.
22. I've been known to talk to angels.
23. Ek hou van die natuur.
24. Ek hou van my land, maar nie van die manier waarop hy bestuur word nie.
25. Ek gaan Kanada toe emigreer, so gou ek kan.
26. My geliefde gaan saam met my Kanada toe.
27. Ek hoop my katte kan saamgaan Kanada toe.
28. Blykbaar gaan ons worshond saam Kanada toe.
29. Ek ry 'n wit Chico met die naam Katinka.
30. Ek hou van blou.
31. In die winter is my hande en voete ysig koud.
32. Niksdoen is een van my gunsteling tydverdrywe.
33. Ek was al twee maal in my lewe op 'n perd. Die tweede keer was nogal snaaks.
34. Ek onthou selde my drome.
35. Ek het swemlesse gehad toe ek klein was.
36. Ek wil graag 10kg verloor.
37. Ek is 'n emosionele eter.
38. Ek doen soms yoga.
39. My 6e en 7e nekwerwels is aan mekaar vasgemaak.
40. Ek vermy dit om op my kop te staan tydens yoga (verwys na nr.39).
41. My ma weet ek is gay.
42. So ook my broers en susters.
43. Ek is die jongste van vyf kinders.
44. Dis hoe oud my pa was toe hy dood is.
45. Ek is nie religieus nie, maar wel spiritueel.
46. My ma weet nie dat ek nie meer in God glo nie.
47. Ek is lui.
48. Ek hou van sjokolade.
49. Ek hou nie van amandel geursel nie.
50. Ek is regshandig.
51. Ek is disleksies.
52. Ek is 'n kat mens.
53. Ek dink Buddhisme is cool.
54. Ek hou van bome.
55. Ek voel skuldig oor my Bonsai's.
56. Ek het my beste vriend vyf jaar laas gesien.
57. Ek haat dit om kontak met mense te verloor.
58. Ek is verslaaf aan sosiale interaksie.
59. Ek is verslaaf aan FaceBook (verwys na nr.58).
60. Ek was twee maal hierdie jaar by 'n medium/psychic.
61. Ek het my leerlinglisensie die eerste keer gedruip.
62. Ek het vir drie jaar bestuur voor ek my leerlinglisensie eksamen gaan skryf het.
63. Ek hou van gedigte.
64. Sterk vroue fassineer en trek my aan.
65. Ek is 1cm korter na my nekoperasie.
66. Ek is 1m85 lank.
67. Ek is nie skaam om my crocs in die openbaar te dra nie.
68. Ek is bang vir eerste ontmoetings (of om verlore vriende weer te sien).
69. Ek is bang vir teleurstelling (verwys nr.68).
70. Ek raak maklik vasgevang in die uitkoms van sake voordat ek nog 'n tree in daai rigting gegee het.
71. Ek doen geweldig baie introspeksie.
72. Ek is bang vir huil.
73. Die laaste keer wat ek gehuil het was twee Sondae terug tydens 'n Lion King vertoning, vir die olifant.
74. Olifante is een van my gunsteling diere.
75. Ek wonder soms wat ander mense van my dink, maar raak nie verstrengel daarin nie.
76. My beste eienskap is my aanpasbaarheid.
77. Ek is ongelooflik rustig en geduldig.
78. My ma dink ek is gevrek.
79. Ek hou van 'n droë sin vir humor.
80. Ek kyk in winkelsentrums na ander mans se bene.
81. Ek wil graag 'n vegetarier word, maar ek hou te veel van vleis...
82. Ek is perfeksionisties.
83. My gunsteling tyd van die jaar is die lente.
84. Ek is 'n skerpieon wat byna nooit sy angel uithaal nie.
85. Ek probeer om mense nie te kategoriseer nie, maar doen dit gereeld.
86. Ek wil vriende word met almal wat ek ontmoet (met hier en daar 'n uitsondering).
87. Veral met belese, intelektuele en gekultiveerde mense (is erudiet die woord waarna ek soek?).
88. Om lekker kos met goeie vriende te deel is een van my gunsteling aktiwiteite.
89. Ek werk as 'n persoonlike assistent in 'n sielkundige se praktyk.
90. Eendag as ek groot is wil ek 'n kliniese sielkundige wees.
91. Arrogante mense pis my af.
92. Ek besit 'n iPod.
93. Ek besit 'n laptop.
94. My meenthuis het die grootste tuin in die kompleks.
95. Ek hou van tuinmaak.
96. My honde nie.
97. Ek is 'n label queen.
98. Ek is besig om my hare te groei.
99. Buitelanders fassineer en trek my aan.
100. My comfort food is enige van my ma se eenpot geregte.
101. My passion food is Thai cuisine.

Labels:

11 Comments:

Anonymous Anonymous sê...

Welkom terug.

06 July 2007 at 15:01:00 SAST  
Blogger Nico sê...

Kan nou nie sê dis Adam in 'n neutedop nie, maar baie insiggewend. Sal ten minste nou weet wie die ou is wat na my bene kyk in Menlyn of Brooklyn. ;-)

06 July 2007 at 17:42:00 SAST  
Blogger paul sê...

Kanada! Het gewonder waarheen jou kop trek. Ek dink jy sal dit baie geniet om in die buiteland te bly, maar vir ewig klink net altyd so lank. Sterkte.

Ek dink 'n (goeie) kliniese sielkundige moet een van die mees bevredigende beroepe wees, en ek stel baie in daai goed belang, maar sou nooit waag om een te probeer wees nie aangesien ek waarskynlik emosioneel sal betrokke raak, myself in pasiënte sal raaksien en oor die algemeen onprofessioneel sal wees. Mens moet weet waar om die lyn te trek.

06 July 2007 at 22:32:00 SAST  
Anonymous Anonymous sê...

Welkom terug!

Na aanleiding van #31 is #25 miskien nie 'n goeie idee nie.

07 July 2007 at 09:38:00 SAST  
Blogger Unknown sê...

Ons is so verskillend, maar tog so dieselfde in baie opsigte... 'n redundant statement as ek nou al ooit een gemaak het, maar die toevallige ooreenkomste is opmerklik.

09 July 2007 at 17:40:00 SAST  
Anonymous Anonymous sê...

Ek gaan ook Kanada toe.

11 July 2007 at 15:17:00 SAST  
Blogger Adam sê...

George - :-)

Nico - Ek sal minder obvious probeer wees.

Paul - Ek was ook bang daarvoor, maar gelukkig leer hulle mens om grense te stel, en om dit nie als persoonlik te maak nie.

Idi - Uhm, ja. Eintlik né. Gelukkig is hulle meer gerat vir die koue.

Leon - Okaaay... Nou is ek nuuskierig. Is jy gereed vir oorsee gaan?

bertus! - Wanneer en waarheen?

11 July 2007 at 15:27:00 SAST  
Anonymous Anonymous sê...

Trek die sterk vroue jou darem mooi aan?

11 July 2007 at 15:31:00 SAST  
Blogger Bordeaux sê...

Hoe het nommer 39 gebeur?

11 July 2007 at 16:03:00 SAST  
Blogger arcadia sê...

haha no.80 is brilliant-

11 July 2007 at 16:35:00 SAST  
Blogger Adam sê...

Bertus! - Ek het gewag vir daardie ene. Weet jy hoe hard het ek gedink hoe om dit te stel? Toe werk dit elk geval nie.

Bordeaux - Die oorspronklike besering of die operasie? Ek sal jou eendag oor 'n glas wyn vertel van die besering. Ek voel bietjie verleë daaroor...

Arcadia - Doen jy dit dan nie?

11 July 2007 at 17:01:00 SAST  

Post a Comment

<< Home