Wednesday, May 23, 2007

Gee my die antwoord...

So, ons weet almal waar die Christendom, of Christenskap, begin het. Kan iemand vir my sê waar die Judaïsme begin het? Ek is te lui om self te gaan soek. Ek wil weet waar die wortel van die spreekwoordelike kwaad lê.

Antwoord my asseblief.

Labels:

8 Comments:

Blogger maeree sê...

"father abraham had many sons, many sons had father abraham..."

23 May 2007 at 17:05:00 SAST  
Blogger Adam sê...

So, Abraham was die eerste Jood... Voor dit? Wat was voor dit?

My baas het my die volgende boek in die hand gestop:

"The Jesus Mysteries: Was the Original Jesus a Pagan God?"
deur
Timothy Freke & Peter Gandy

24 May 2007 at 11:39:00 SAST  
Anonymous Anonymous sê...

Daai boek van Freke en Gandy is 'n klomp tos, moenie een woord glo wat jy lees nie. Ek het al vir Freke 'n paar keer ontmoet toe hy in SA was. Kansvatters.

25 May 2007 at 11:46:00 SAST  
Blogger Adam sê...

Wat sal jy dus aanbeveel? Op die oog af lyk dit of hulle weet waarvan hulle praat.

25 May 2007 at 12:06:00 SAST  
Anonymous Anonymous sê...

Adam

Ek dink die volgende boek behoort vir jou antwoorde op meer as net jou vraag oor Judaisme te gee...
http://209.10.202.163/graphical/literature/when/when_contents.html

01 June 2007 at 17:23:00 SAST  
Anonymous Anonymous sê...

http://209.10.202.163/graphical/literature/when/when_contents.html

Sorry ek het iets uitgelaat in die link. Die boek se naam is "Adam When?"

01 June 2007 at 17:27:00 SAST  
Blogger Kowie sê...

Is net nuuskierig of jy vasgestel het - nie gedink het nie - waar Christendom begin het? Ek meen, jou basis moet sterk wees voor jy die volgende onheile wil uitsnufel?

02 June 2007 at 20:11:00 SAST  
Anonymous Anonymous sê...

Adam

Jy het my laat begin wonder oor daai vraag van jou...?

Vandat Adam deur God geskape was en Adam en Eva die hele mensdom in sonde laat val het, het God begin doen wat Hy met 'n eed teenoor Homself gesweer het. Hy het vir Hom 'n eiendomsvolk uit hierdie "gemors" (wat deur die mens vanwee sy ongehoorsaamheid veroorsaak is) gekies omdat Hy die begin van die einde ken. Die mens het vanwee Adam en Eva se ongehoorsaamheid (hoekom hulle gesondig het weet niemand nie...? en help dit ook nie om teen Hom daaroor te rebelleer nie..) verdien om 'n ewigheid in die hel deur te bring omdat God lig (heilig) is.

Hy kon maklik voor begin het... maar Sy keuse was om voort te gaan met dit wat Hy begin het. Deur voort te gaan sou dit 'n duur prys kos... Die eed teenoor Homself was dat Hy sy eniggebore Seun sou stuur om diegene wat Hy voor die grondlegging van die wereld sou uitkies te red.

Met verloop van tyd sou Hy Homself aan die mensdom openbaar volgens Sy fyn uitgewerkte voorafbepaalde verlossingsplan. (Wat vir ons vandag baie netjies in die Woord van God die Bybel uitgespel is) Vir die eerste 8846 jaar van die mensdom se bestaan tot en met die geboorte van Abraham in die jaar 2167VC sou God aan individue soos Abel, Kain, Henog, Noag en die res van die mensdom verskyn deur middel van gesigte, visioene, hoorbare stem, drome, bo-natuurlike verskynsels soos brandende bos,ens.

Met die verloop van tyd het God Sy verbond (Sy verlossingsplan) aan die mens begin bekend maak... maar Hy sou sy eiendomsvolk (wat Hy vanuit Sy barmhartige maar tog regverdige aard uitgekies het) in die proses gebruik om hierdie verlossingsplan aan die wereld bekend te maak.

Vanuit daardie eed wat God teenoor Homself gesweer het, het Hy die eed deurlopend aan die Sy uitverkorenes bekend gemaak. Na die Vloed sou Hy Abraham uit die heidense volk lei na die "beloofde land" .. Isak.. Jakob.. sou volg.

Jakob(Israel) het 13 kinders verwek (12 seuns en 1 dogter)wat vermeerder het om die volk Israel te vorm.. 13 stamme waarvan een van hulle die stam Juda was... wat in die landstreek Judea gewoon het... God se plan was dat Jesus uit die stam van Juda gebore moes word...

Judaisme is afkomstig van dit wat die mens van van God se Woord (ou testament)gemaak het...soortgelyk aan dit wat vandag se sogenaamde christene van God se Woord (die ou en die nuwe testament) gemaak het. Om die minste daarvan te se^ ... een groot gemors..

Maar omdat God getrou is aan Sy verlossingsplan sou Hy voortgaan om hierdie eiendomsvolk wat Hy voor die grondlegging van die wereld uitgekies het te verlos van 'n ewige dood... want die mens se natuur is om teen God te kies..

Vandag leef ons in die tyd van die groot verdrukking (van die harte) en is God wereldwyd besig om 'n groot menigte in Sy koninkryk in te lei... ooreenkomstig Sy wonderlike verlossingsplan...

(Openb 7:9) Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande;

Soos die ou testamentiese kerk sou die nuwe testamentiese kerk Hom versaak...en hoereer. God is egter steeds besig om deur die monde van die ware gelowiges (die ware ewige kerk) Sy volk...(juda,israel, jerusalem... gelykenistaal ) in Sy koninkryk in te lei....

09 June 2007 at 12:13:00 SAST  

Post a Comment

<< Home