Monday, April 23, 2007

Vyf dinge...

Ek het al voorheen so 'n post geplaas, maar Johan het voorgestel ons doen dit weer. So, nou moet ek mooi dink dat ek myself nie herhaal nie...

  1. My pa was 'n predikant.
  2. Die twee dinge wat my die kwaadste maak in die lewe is: verkakte bestuurders, en mense wat my veroordeel op grond van my seksualiteit sonder dat hul die moeite doen om my regtig te leerken.
  3. Ek vermoed ek gaan sterf weens kanker.
  4. My kamer het een rooi muur.
  5. Ek het 'n geboortemerk so groot soos 'n R5-stuk 8cm links van my naeltjie (my linkerkant).
Tag, you're it...

Labels: , ,

13 Comments:

Blogger Carrie sê...

wat es "verkakt"?
Dutchy nie begryp nie :-)

23 April 2007 at 22:09:00 SAST  
Blogger Lammervanger sê...

Deur die ontlasting...deur die mis...deur die rektumproduk

24 April 2007 at 08:13:00 SAST  
Blogger Adam sê...

Lam, jy's so begaafd as dit by woorde kom.

C. kom ek vertaal dit gou: "shitty drivers"

24 April 2007 at 09:46:00 SAST  
Blogger Carrie sê...

aahhhh I get it! :-)

24 April 2007 at 11:29:00 SAST  
Anonymous Anonymous sê...

Jy praat oor jouself, `n blad vol kookboeke, puppies en poems.....is jy girl of beteken "Einde September" jy hoop dis dan die einde van jou maandstonde?
Sterkte boet.

24 April 2007 at 18:41:00 SAST  
Blogger Adam sê...

Wie is jy en waarvan praat jy?!

Nee, ek is nie 'n girl nie, ek is 'n moffie. 'n Groote! En dit gee my die reg om oor myself te praat, kookboeke, puppies en poems te plaas... Deal with it!

Liefde,

A.

25 April 2007 at 09:45:00 SAST  
Anonymous Anonymous sê...

Bwahahaha!

'n Grote, nogals.

Mooi antwoord, Adam.

25 April 2007 at 11:18:00 SAST  
Anonymous Anonymous sê...

Wat beteken groot? Is jy 'n beer? Kan ons 'n foto sien?

25 April 2007 at 14:52:00 SAST  
Blogger maeree sê...

lol
moer hom met jou handsak

word verification: baksgu (versamel jy dit nog?

25 April 2007 at 17:55:00 SAST  
Blogger Adam sê...

Maeree - Net soms. As die woord vir my oulik lyk. Soos joune nou. Dis 'n oulike ene.

Jo - In my binnekant man. Ek het nog nooit in my lewe aan iemand geslaan nie. Ek mag dalk 'n pols breek of so iets. Maeree se handsak idee is nogal 'n goeie ene, aangesien daar 'n hele aantal kristalle in versteek is... Tegnies gesproke is ek seker groot: 1,85m en 95kg.

26 April 2007 at 13:59:00 SAST  
Anonymous Anonymous sê...

Wwooow. Adam, jy's massief. (Ek's 'n kort mens.)

26 April 2007 at 16:24:00 SAST  
Anonymous Anonymous sê...

1,85m! Adam, is jy harig? Indien wel, is jy 'n beer. Which is cool, fur is back in style en alles.

27 April 2007 at 13:01:00 SAST  
Blogger Adam sê...

My grootste vrees in die lewe is dat ek eendag so harig soos my broers gaan wees... Jy het my mos (semi) sonder 'n hemp gesien op my rooi hare foto. My liggaamshare is gelukkig heel lig.

07 May 2007 at 10:37:00 SAST  

Post a Comment

<< Home