Marginaal...
Vanmore, terwyl ek my Pronutro sit en eet voor Morning Live (heellaas geen DSTV nie), tref nog 'n hamer my op die voorkop. As ek dan nou 'n New Ager word, gaan ek deel wees van 'n gemarginaliseerde groep. Hei-jou-wragtie. Wie sou kon raai?!
Die saak staan so. Ek dink nie ek was al ooit deel van 'n gemarginaliseerde groep nie. Ek was nog altyd deel van die wen span. My hele lewe lank.
Nou, dat ek besluit het om die wenspan te verlaat, kom ek agter hoe gemarginaliseer die res werklik is. Skielik het ek baie meer empatie met baie gemarginaliseerde groepe.
Ek voel gladnie minderwaardig nie. Ek wil nie op die map wees nie. Ek neem net skielik waar vanuit 'n totaal nuwe hoek. Ek is glukkig met die keuse wat ek gemaak het. Ek besef die wenspan konsep is nie al waarom die wêreld draai nie - alhoewel dit is hoe die Afrikaner sy kind grootmaak...
Nou dat ek die Afrikaner weer hierby insleep... Mens moet altyd in 'n groep geplaas word. As ek by iemand kom - nou minder as voorheen, en veral minder as die laat 80's vroeë 90's - wou ek eerstens weet in watter kerk hy/sy is, en tweedens watter party hy/sy voor stem. Want as jy Afrikaanssprekend was, was jy of 'n NG, of 'n NHK, of 'n GK. Jy was of KP of NP. As jy ekstreem was, was jy of HNP, of DP. As jy weird was, was jy in 'n charismatiese kerk. Dis hoe dit was.
Self as jy in die engelse klassie op laerskool was (op die platteland was net Afrikaanse skole, en een klas vir die engelse kinders), was jy 'n uitgeworpene. Die kinders van die engelse klassie het maar met mekaar gespeel. Ek was vir 'n rukkie in die hulpklas (vir disleksie - mok iemnat dit dlak agter?), en die ander kinders wou nie juis met ons meng nie. Wat nog te praat van die spesiale klas?! Ek het darem maatjies in die gewone klasse gehad, maar die arme spesiale klas kinders... Hulle was dom, vuil en het luise gehad. Jy raak nie aan hulle met 'n tang nie.
Die Afrikaner is bang vir enigiets wat anders is as homself. Dit was een van die redes hoekom ek vir 18 jaar (teenoor vriende) en 21 jaar (teenoor familie) in die kas was. As jy anders is, gaan jy 'n uitgeworpene word. Dit het my ma eendag vir my gesê - voordat ek uit die kas gekom het - toe ons oor die hele gay issue gepraat het. Haar woorde het neergekom op die volgende: as jy anders is, word jy verwerp.
Waarin is hierdie vrees vir die vreemde gewortel? Is die Afrikaner dan so onseker van homself? Ai. Dis jammer.
Wag, ek dwaal af.
Soos ek vroeër gesê het, is my spirituele paadjie my eie paadjie. Niemand kan dit vir my loop nie. Ek kry wel heelwat insette. Van vriende, van media en ander leesstof, ens. Daar is dus support. Steeds bly dit my keuse.
Ek dink die feit dat ek al eenmaal afgewyk het van die straight and narrow maak dit vir my makliker om net nog 'n swenk op die linker vlank te vat. Ek is net ongelukkig nie so seker of my familie nog 'n 'afwyking' gaan oorleef nie...
Die saak staan so. Ek dink nie ek was al ooit deel van 'n gemarginaliseerde groep nie. Ek was nog altyd deel van die wen span. My hele lewe lank.
- Ek is/was 'n wit Afrikaanssprekende - dis 'n groot groep, wat lank die beste en sterkste en grootste en in-beheer-ste groep in ons land was. Vandag (lees in die nuwe bedeling), is die Afrikaanssprekendes nogsteeds 'n groot groep. Dalk nie meer die wenspan nie, maar wel 'there', as ek dit so mag stel.
- Ek was in een van Pretoria se spogskole op hoërskool. Ons was die beste. Ons was nie die grootste nie. Ons was nie die slimste nie. Ons was gereeld die vinnigste, en die sterkste, en die gekultiveerdste. 'n Wenspan indien jy al ooit een gesien het...
- Ek was nog my hele lewe lank (tot ek so 'n jaar terug ophou gaan het) in die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika. Ons is nie die grootste susterkerk nie, maar wel baie BAIE trots op ons kerk. Ons het in ons harte geweet ons is die beste, en dat ons op die regte pad is, en dat ons hemel toe gaan. Dat ons die wenspan is.
- My familie was al die jare deel van die Nasionale Party. Die NP was die wenspan. Ons was die beste. Ons het die beste geweet. Ons het die regte idee gehad. Ons het regéér!
- Toe moer ek uit die kas uit. Ek is gay. Ek is deel van die gay span. Die gay span is nie noodwendig (in my oë) gemarginaliseer nie. Ek dink die mowwe is 'n groot genoeg groep om nie te voel hul trek aan die kortste ent van die seksualiteit kontinuum nie. Ons is cool, en ons weet dit, en niemand gaan dit van ons af wegvat nie. Ons het hard daarvoor baklei, dammit!
Nou, dat ek besluit het om die wenspan te verlaat, kom ek agter hoe gemarginaliseer die res werklik is. Skielik het ek baie meer empatie met baie gemarginaliseerde groepe.
Ek voel gladnie minderwaardig nie. Ek wil nie op die map wees nie. Ek neem net skielik waar vanuit 'n totaal nuwe hoek. Ek is glukkig met die keuse wat ek gemaak het. Ek besef die wenspan konsep is nie al waarom die wêreld draai nie - alhoewel dit is hoe die Afrikaner sy kind grootmaak...
Nou dat ek die Afrikaner weer hierby insleep... Mens moet altyd in 'n groep geplaas word. As ek by iemand kom - nou minder as voorheen, en veral minder as die laat 80's vroeë 90's - wou ek eerstens weet in watter kerk hy/sy is, en tweedens watter party hy/sy voor stem. Want as jy Afrikaanssprekend was, was jy of 'n NG, of 'n NHK, of 'n GK. Jy was of KP of NP. As jy ekstreem was, was jy of HNP, of DP. As jy weird was, was jy in 'n charismatiese kerk. Dis hoe dit was.
Self as jy in die engelse klassie op laerskool was (op die platteland was net Afrikaanse skole, en een klas vir die engelse kinders), was jy 'n uitgeworpene. Die kinders van die engelse klassie het maar met mekaar gespeel. Ek was vir 'n rukkie in die hulpklas (vir disleksie - mok iemnat dit dlak agter?), en die ander kinders wou nie juis met ons meng nie. Wat nog te praat van die spesiale klas?! Ek het darem maatjies in die gewone klasse gehad, maar die arme spesiale klas kinders... Hulle was dom, vuil en het luise gehad. Jy raak nie aan hulle met 'n tang nie.
Die Afrikaner is bang vir enigiets wat anders is as homself. Dit was een van die redes hoekom ek vir 18 jaar (teenoor vriende) en 21 jaar (teenoor familie) in die kas was. As jy anders is, gaan jy 'n uitgeworpene word. Dit het my ma eendag vir my gesê - voordat ek uit die kas gekom het - toe ons oor die hele gay issue gepraat het. Haar woorde het neergekom op die volgende: as jy anders is, word jy verwerp.
Waarin is hierdie vrees vir die vreemde gewortel? Is die Afrikaner dan so onseker van homself? Ai. Dis jammer.
Wag, ek dwaal af.
Soos ek vroeër gesê het, is my spirituele paadjie my eie paadjie. Niemand kan dit vir my loop nie. Ek kry wel heelwat insette. Van vriende, van media en ander leesstof, ens. Daar is dus support. Steeds bly dit my keuse.
Ek dink die feit dat ek al eenmaal afgewyk het van die straight and narrow maak dit vir my makliker om net nog 'n swenk op die linker vlank te vat. Ek is net ongelukkig nie so seker of my familie nog 'n 'afwyking' gaan oorleef nie...
Labels: alternatief, geloof, politiek, wtf
7 Comments:
Dit klink so baie soos my familie. My jongste broer is ook gay. Hy's my hart se punt.
Dis vreemd hoe groepe mense so gemarginaliseer word.
Soms wonder ek hoekom mens altyd probeer om in die boksies in te pas wat "society" vir jou daarstel.
Ek het deur dieselfde snot en trane ding oor geloof gegaan met my ouers einde st9 toe ek weier om voorgestel te word in die NG Kerk omdat ek nie saamgestem het met daai stukkie papiertjie wat hulle vir jou gee om te teken en voor te lees nie. (dis inelkeval 'n initiation in 'n coven- ou pagan tradisie wat verchristen is). Ek het dit vir die Dominis gese wat toe wou "chat" daaroor. Die eerste ding wat hy my gese het ek is die eerste persoon wat hom n' eerlike antwoord gegee het uit 'n kategese klas van 30. Toe my ouers daarvan uitvind was die eerste ding wat my ma gese het: "Jy wou nou weer net anders wees." Ek het vir hulle gese ek is nie 'n Christene nie en ek weet nie wat ek is nie. Ek figure dit nog uit. Ek is nou geloofloos maar ek is 'n heks. Ek word skeefgekyk en voor gebid. Mense raak bang wanneer ek se ek is 'n heks. Hulle verstaan dit nie. Ek word in 'n blik gedruk en eenkant gesit. Reg om in die "ewige hel te brand". Die punt is: You choose your own destiny.
Do what thou wilt shall be the whole of the law!
Afwyk is ook maar 'n relatiewe begrip... Hang af met wie jy praat en wat sy idee van die regte paadjie is. Ek sê wyk waarna jy wil.
Ditto Lammervanger
Wil net sê, ek ken 'n klomp briljánte ingenieurs wta ttoaal dliskesies is.
Dit was nogal moeilik om hulle handgeskrewe klasnotas te lees.
anja - want dis veilig.
jakie - ek is mal oor "An it harm none, do what you will." Ek is tans besig om baie op te lees oor Wicca. Nie om een te word nie, maar om die kennis te integreer. No problem there.
lam - thanx. Sal traai. Die ding is net, hoe sê ek dit vir my ma?!
carien - hehe. dis snaaks.
Ek het op 'n stadium in laerskool van die tradisionele Afrikaanse skooltjie na die enigste openbare Engelse laerskool in die dorp oorgegaan, en die paar jaar daar was baie lekkerder. My klas was baie divers: Protestante, Katolieke, Agnostici/Ateïste (van Rusland), Evangeliste (van die VSA), en 'n Moslem van Iran. Terselfdetyd het ek aangehou om Sondagskool by te woon saam met die vorige homogene groep wit Afrikaner kinders.
Een van die teenstrydighede wat hieruit gevolg het, was dat hulle by die Sondagskool geleer het hoedat jou goeie dade niks beteken as jy nie 'n Christen is nie (jy gaan immers hel toe), en dan moes ek die volgende dag in die klas sit saam met Russe wat hel toe gaan, maar eintlik heel gawe kêrels is.
Anyway, sommige mense (soos die skrywers van daai Sondagskool boekies) gee soms die idee dat as jy daai dun (breë?) goue lyn verlaat dan is daar niks meer wat jou morele waardes keer om in die dieptes in te stort nie.
Maar dis eintlik 'n vooroordeel/generalisasie wat spruit uit onkunde. Soortgelyk aan die houding wat mense soms teenoor anderkleuriges het. Hulle is vriendelik met die persoon wat 'anders' is, maar daar is 'n onsigbare lyn wat nooit oorgesteek mag word nie.
Laat ek stop voor ek nou opgewerk raak...
Post a Comment
<< Home