Wednesday, April 11, 2007

By gebrek aan enige substantiële gedagtes plaas ek nog 'n gedig...


[vir die eerste keer het ek alleen]

vir die eerste keer het ek
het ek vir jou gaan
by jou gaan
en wou ek jou vertel van
maar jy was
net jou naam was
op ’n warm
’n warmgebakte graniet
deur die laatmiddag son
alleen



-ooOoo-



Ek was Donderdagoggend by 'n siener. Sy het baie gepraat. Jy het baie te sê gehad. Deur haar mond. Jy het gesê ek probeer my liefde aan jou bewys deur so lank as moontlik te rou. Oor jou. Jy het gesê jy sien dit. Jy het gesê dis nou genoeg. Steeds wurg ek die trane terug. Want as ek gehuil het, gaan dit regtig verby wees. Vir 'n baie lang ruk. Ek is nie helemaal seker of ek daai anker wil knip nie. Ek het nodig om te seil. Ek sit al te lank hier geanker. As ek gaan huil, gaan dit verby wees. Steeds wurg ek die trane terug...


(By the way, hierdie was post #100. Baie geluk met my blogging centenary. Opgedra aan jou...)

Labels: ,

5 Comments:

Anonymous Anonymous sê...

hartlik geluk :)

11 April 2007 at 21:40:00 SAST  
Blogger dorothy sê...

hey babe - haven't been round in a while and then come back to these awesome poems! they're both really brilliant. the last one made me cry. and i could feel the first one. i like the feeling of the warm granite.

12 April 2007 at 10:15:00 SAST  
Anonymous Anonymous sê...

Hoe gee jy vir iemand 'n drukkie oor die internet?

12 April 2007 at 13:09:00 SAST  
Blogger Adam sê...

Idi - Weeeeel, ek het vroeër vandag 'n drukkie oor die foon gekry. So, ek vermoed enigiets is moontlik. :)

Dankie, in elk geval.

Dor - Thanx. I did too.

Johan - Plesier. Of so iets.

12 April 2007 at 13:17:00 SAST  
Anonymous Anonymous sê...

Sjoe, ek moet sê ek lief sulke min woord sinne, dit beteken altyd vir my soveel meer. Lief jou styl. Eerste keer op jou blog! Geluk met jou honderdste

12 April 2007 at 17:42:00 SAST  

Post a Comment

<< Home