Sunday, April 01, 2007

Gedig...

[ongetiteld]

my prins is 'n leeu – miskien
want hy het goue oë
en 'n goue hart
en in die son skyn sy vel
goud soos kaneel.

hy’t nie 'n stert,
en geen maanhare nie.
nie slagtande
of skerp naels nie –
sy hart is van goud.

my prins is nie 'n leeu nie
maar soms sien ek een beweeg in sy skaduwee

Labels:

3 Comments:

Blogger Unknown sê...

Jou gedig herinner my aan al die awesome leeus uit kinderboeke, soos Grograman die vuurleeu uit The Neverending Story, of Aslan van die Narnia-boeke. Nice imagery.

07 April 2007 at 16:07:00 SAST  
Anonymous Anonymous sê...

Wie was so gaaf om daardie mooi gedig te skryf?

08 April 2007 at 20:47:00 SAST  
Blogger Adam sê...

EOH - Thanx.

Joh - Adam natuurlik.

10 April 2007 at 08:56:00 SAST  

Post a Comment

<< Home