Friday, March 23, 2007

Random post...

So.

Toe word dit 11:32 op Vrydagoggend die 23e Maart van die jaar 2007.

En Adam besef - nie met 'n skok nie - hy is besig om homself dood te verveel.

(Moet net nie vir die baas sê nie - sy is goed met random opdraggies uitdeel.)

En Adam dink: Adam wil huistoe gaan.



My ma verjaar Maandag.
My sus'le kom kuier die naweek.
Vir die verjaardag.
Oom Tot is tans aan 'n hartlongmasjien gekoppel.
Tannie Jeanie huil onophoudelik.
Oom Hans se duur antibiotika is blykbaar besig om te werk.
Nelius het kroep.
Sy operasie is uitgestel.
My boetie moes vandag kaaptoe gery het.
Sover ek weet gaan hy nog.
Sy vrou sal agterna met die vliegtuig moet kom.
Hy het dringend 'n vakansie nodig.
My ander suster het weer begin werk soek.

En tussen als deur skyn die son vir 'n oomblik weer.
Net vir 'n oomblik.


Geniet jou naweek.

Labels:

5 Comments:

Blogger mich sê...

hehehe, hoop jy geniet jou naweek ook. dis mooi as mens nog die mooi goed (lees: lig) kan sien :)

23 March 2007 at 15:02:00 SAST  
Blogger henno sê...

Wow, ek hoop jy het 'n lekker naweek gehad - dit klink as of jy ene verdien.

26 March 2007 at 07:56:00 SAST  
Anonymous Anonymous sê...

Ek sweer ek wil nie ligsinnig wees hieroor nie, maar waar kom Oom Tot aan sy naam?

27 March 2007 at 10:58:00 SAST  
Blogger Adam sê...

ek het ook al gewonder, maar nog nooit gevra nie...

27 March 2007 at 12:20:00 SAST  
Blogger arcadia sê...

hi adam, was lanklaas hier, wou net se hi.

30 March 2007 at 04:42:00 SAST  

Post a Comment

<< Home