By gebrek aan enige substantiële gedagtes plaas ek nog 'n gedig...
[vir die eerste keer het ek alleen]
vir die eerste keer het ek
het ek vir jou gaan
by jou gaan
en wou ek jou vertel van
maar jy was
net jou naam was
op ’n warm
’n warmgebakte graniet
deur die laatmiddag son
alleen
-ooOoo-
Ek was Donderdagoggend by 'n siener. Sy het baie gepraat. Jy het baie te sê gehad. Deur haar mond. Jy het gesê ek probeer my liefde aan jou bewys deur so lank as moontlik te rou. Oor jou. Jy het gesê jy sien dit. Jy het gesê dis nou genoeg. Steeds wurg ek die trane terug. Want as ek gehuil het, gaan dit regtig verby wees. Vir 'n baie lang ruk. Ek is nie helemaal seker of ek daai anker wil knip nie. Ek het nodig om te seil. Ek sit al te lank hier geanker. As ek gaan huil, gaan dit verby wees. Steeds wurg ek die trane terug...
(By the way, hierdie was post #100. Baie geluk met my blogging centenary. Opgedra aan jou...)
(By the way, hierdie was post #100. Baie geluk met my blogging centenary. Opgedra aan jou...)



