Friday, April 13, 2007

42... (2)

Gisteroggend, net voor my baas die deur tussen my en haar eerste afspraak toe trek, loer sy om die kosyn en sê-vra:

"Jy weet nou wat jy moet doen...?"


Op die oppervlak wou sy seker maak dat ek weet wat my takies van die dag behels. Toe die deur toegaan, tref die eksistensiële ondertoon van die vraag my soos 'n hamer op my third eye chakra.

(Plaas swanger stilte ter wille van effek hier...)

Toe die swanger stilte gaan lê, baar ek 'n selfregverdiging: "Ek dink so. Ek vermoed ek is op die regte pad. Ten minste, ek weet waartoe ek werk. Tans, in elk geval..."

Die siener het verlede week vir my gesê ek moet uitgaan en gaan speel - op my vriende oefen. My geliefde het hom amper dood gelag. En toe bekommerd geraak. Ek gaan klaarblyklik met energie werk. En ek moet solank begin oefen. Deur te speel, doen ek nie veel skade aan nie, en kom ek agter wat ek kan en wat nie.

Jy sien, ek is op 'n splinternuwe spirituele paatjie. Ek is in die proses om myself van die geloof wat ek van kleins af gevoer is te distansieër. Soos jy uit my vorige post kan aflei, is ek iemand wat moeilik laat los. Dit is dus nie 'n maklike proses nie. Ek sou graag sekere van my protestante konsepte met die nuwe paatjie wou integreer...

Hier is 'n paar dinge wat ek nie meer glo nie:
  • ek glo nie meer daar bestaan 'n hel nie
  • ek glo nie meer daar bestaan iets soos Satan nie
  • ek glo nie meer in die Bybelse konsep van 'n Hemel nie
Hier is 'n paar dinge wat ek tans glo:
  • ek glo in 'n tipe hiernamaals
  • ek glo ek is in beheer van my eie lewenspaatjie
  • ek glo daar is baie dinge tussen hemel en aarde waarvan ons bitter min weet
Hier is 'n paar dinge waaroor ek tans wonder:
  • die Bybelse konsep van God vs. "the source"
  • die godheid in onsself vs. die Bybelse konsep van God buite ons
  • hoe de moer gaan ek da kom wa ek moet wees
  • hoe de moer integreer mens new age stuff met protestante calvinistiese christenskap?!


Ek het in die week hierdie post gelees, (op hierdie blog) wat my geinspireer het om my eie weergawe neer te pen.

Ek dink die vraag "Waar is ek oppad heen?" sal maar altyd by mens opkom, deur die hele loop van 'n mens se lewe...

Labels: , ,

5 Comments:

Anonymous Anonymous sê...

Sterkte. Ek dink dit is nogal 'n bevredigende pad om te stap. Ek onthou 'n Boeddhistiese (?) storie wat my nogals aangegryp het.

Volgens die verhaal hang 'n mannetjie vir lewe en dood tussen twee kranse (amper soos die coyote in die cartoons) met voete aan die eenkant en hande aan die ander kant. Tussenin is die groot niks en die ver val na benede.

Vraag: wat laat jy eerste los? Die hande of die voete?

Antwoord: beide.

Tipies van hierdie soort stories, kan dit enige iets beteken ;)

13 April 2007 at 14:52:00 SAST  
Blogger Mad Maddy sê...

Sjoe, dis omtrent 'n mondvol. Baie goed om oor te wonder. Ek wonder ook oor baie goed, maar dis op 'n bietjie ander trant. En in baie opsigte meer ontnugterend en depressing. Ek wonder veral hoekom ek nie kan ophou wonder nie...

13 April 2007 at 15:18:00 SAST  
Anonymous Anonymous sê...

Dis lekkerder om vrae te he^ as antwoorde.

14 April 2007 at 18:07:00 SAST  
Blogger Adam sê...

George - So 'n tipiese Buddhistiese storie...! Ek hou daarvan.

Maddie - Wonder is wat ons harsings lewendig hou.

Johannes - Ek hoor jou. Ek hou net nie daarvan om 'n 'why-ner' te wees nie (why?-why?-why?). Ek skram daarvan weg. Dis vir my lekker om 'n betekenisvolle antwoord te vind. Dit gee my 'n gevoel van purpose, en bevestiging dat ek op die regte pad is. Maar, inderdaad, kan mens nie stumble op antwoorde as jy nie in die eerste plek vrae gehad het nie...

Almal - Ek is gister weer vreeslik gechallenge met geloof wat uit verskillende rigtings in my gesig gegooi is. Nou wonder ek: is dit die universe se idee van 'n grap, of is dit God wat my toets?!

15 April 2007 at 09:22:00 SAST  
Blogger Marita Says sê...

Uhm, na jare. En jare. En jare. Het ek soortvan tot die gevolgtrekking gekom dat dit uiteindelik net ek is wat. En om my lewe in die hande van 'n ander mag of gedaante (of dit nou 'n god of die heelal is) te laat my net rede gee om nie self verantwoordelik te wees vir wat oor my pad kom nie.

17 April 2007 at 02:46:00 SAST  

Post a Comment

<< Home