42... (2)
Gisteroggend, net voor my baas die deur tussen my en haar eerste afspraak toe trek, loer sy om die kosyn en sê-vra:
Op die oppervlak wou sy seker maak dat ek weet wat my takies van die dag behels. Toe die deur toegaan, tref die eksistensiële ondertoon van die vraag my soos 'n hamer op my third eye chakra.
(Plaas swanger stilte ter wille van effek hier...)
Toe die swanger stilte gaan lê, baar ek 'n selfregverdiging: "Ek dink so. Ek vermoed ek is op die regte pad. Ten minste, ek weet waartoe ek werk. Tans, in elk geval..."
Die siener het verlede week vir my gesê ek moet uitgaan en gaan speel - op my vriende oefen. My geliefde het hom amper dood gelag. En toe bekommerd geraak. Ek gaan klaarblyklik met energie werk. En ek moet solank begin oefen. Deur te speel, doen ek nie veel skade aan nie, en kom ek agter wat ek kan en wat nie.
Jy sien, ek is op 'n splinternuwe spirituele paatjie. Ek is in die proses om myself van die geloof wat ek van kleins af gevoer is te distansieër. Soos jy uit my vorige post kan aflei, is ek iemand wat moeilik laat los. Dit is dus nie 'n maklike proses nie. Ek sou graag sekere van my protestante konsepte met die nuwe paatjie wou integreer...
Hier is 'n paar dinge wat ek nie meer glo nie:
Ek het in die week hierdie post gelees, (op hierdie blog) wat my geinspireer het om my eie weergawe neer te pen.
Ek dink die vraag "Waar is ek oppad heen?" sal maar altyd by mens opkom, deur die hele loop van 'n mens se lewe...
"Jy weet nou wat jy moet doen...?"

- ek glo nie meer daar bestaan 'n hel nie
- ek glo nie meer daar bestaan iets soos Satan nie
- ek glo nie meer in die Bybelse konsep van 'n Hemel nie
- ek glo in 'n tipe hiernamaals
- ek glo ek is in beheer van my eie lewenspaatjie
- ek glo daar is baie dinge tussen hemel en aarde waarvan ons bitter min weet
- die Bybelse konsep van God vs. "the source"
- die godheid in onsself vs. die Bybelse konsep van God buite ons
- hoe de moer gaan ek da kom wa ek moet wees
- hoe de moer integreer mens new age stuff met protestante calvinistiese christenskap?!
Ek het in die week hierdie post gelees, (op hierdie blog) wat my geinspireer het om my eie weergawe neer te pen.
Ek dink die vraag "Waar is ek oppad heen?" sal maar altyd by mens opkom, deur die hele loop van 'n mens se lewe...
Labels: eksistensialisme, spiritualiteit, wtf