Belaglike boeke...
Om aan te sluit by Salige Rus se post oor belaglike boeke, deel ek die volgende met julle:
Gisteraand, loop ek in Brooklyn rond. Ek het iets gesoek om te doen voor die volgende prent van die Spaanse Filmfees begin. Nadat ek al die windows in die sentrum leeg geshop het, sit ek af na die naaste boekwinkel. (Ek verstaan een van ons mede bloggers werk daar, maar ek het hom nog nooit gewaar nie...) Net voor ek weer die pad vat, besluit ek om gou na die kookafdeling te gaan kyk. Salige Rus is besig om my stadig maar seker te indoktrineer om oor te kom na die donker kant van kosmaak. Ek oorweeg dit om die kring van die spotters te verlaat, en 'n ge(ver?)spot'e te word. Ek soek boeke met vegetariese resepte. Ek moet sê Brooklyn se EB het nie veel van daai soort nie...
'n Draadgebinde boekie vang my oog, aangesien ek nie sy titel kan sien nie. Ek trek hom uit die rak, en bars amper uit van die lag:

Die titel is belaglik, maar die konsep darem nie. Dit handel maar net oor die tipe kos wat in die bybelse tyd geëet is, wat dan in moderne resepte gebruik word.
Een ander boek wat ek raakgesien het, het ek wel gedink is vreeslik oulik. As hy nie R250 was nie sou ek dit waarskeinlik gekoop het:

Gesonder as dit kan mens bykans nie... Ek verjaar in November... Wink-wink, nudge-nudge...

Labels: boeke, kos, vegetarian