Sunday, February 11, 2007

Wat ek hierdie naweek gedoen het...

SWEET BLOU BOGGEROL!!!

En dit was moer lekker. G'n niks geswot nie! En ek het 'n komplimentêre Shiatsu sessie ontvang - die ideale post-exam destressor...

Soos julle kan aflei, het ek Vrydag se eksamen oorleef. Dit was oraait. Ek sal nie cum nie, en ek sal ("touch karma's wooden coffee table") seker darem deurkom...

Ek het met een vraag begin met Fromm en besef ek kan nie regtig onthou wat Erich oor die hele saak te sê gehad het nie. Krap toe als uit. Begin met Jung.

Op 'n ander plek moes ek skryf wat Adler se opinie oor die oorsprong van aggressie is. Ek dog what the fuck. Automatic writing hier kom ons. Ek begin bloot te skryf, en goddank begin daar hier en daar 'n liggie vir my opgaan. Ek weet egter nou nog nie of dit regtig Adler-liggies was nie...!

Later moet ek iets uit Rogers se oogpunt skryf. Boy oh boy! Daar slaan ek 'n blank soos laas in my standerd 7 geskiedenis vraestel... Ek skryf 'n bladsy sonder om enigiets te sê. (Die vraag vra skryf somethingoranother oor Rogers se selfkonsep-teorie, en Adam begin gorrel oor die selfkonsep. Ek selfkonsep voor en selfkonsep agter. Antwoord op die ou end glad nie die vraag nie...)

Aan die ander kant moet ek darem net ook noem dat ek die werk wat ek wel goed geken het baie goed kon antwoord. Ek het selfs sover gegaan om ses bladsye te skryf vir 'n 20-punt vraag. Die ongeluk is dat mens nie veel kan uitlos nie, maar dat die vraag net 20 punte tel. Dan skryf mens maar als wat jy weet...

Ai.

Ek hou nie van eksamen skryf nie.

5 Comments:

Blogger Margie sê...

So bly jy's nog met ons! :) Jou kursus klink baie interessant... Wonder wat al hierdie mense oor wie jy geskryf het, dink van eksamens.

12 February 2007 at 11:31:00 SAST  
Blogger Adam sê...

Sjoe, ja! Jou meta-denke is obviously meer in tune as myne... Ek het nog gladnie daaraan gedink nie!!!

12 February 2007 at 14:05:00 SAST  
Blogger arcadia sê...

geluk, man! ek's bly jy't dit oorleef.

12 February 2007 at 17:45:00 SAST  
Anonymous Anonymous sê...

Buck Rogers?

14 February 2007 at 18:01:00 SAST  
Blogger Adam sê...

Ha-ha. Nee, Carl.

Ek dink egter op daardie stadium sou ek meer oor Buck kon sê as oor Carl...

15 February 2007 at 10:17:00 SAST  

Post a Comment

<< Home