Wednesday, June 20, 2007

Stilte...

Hey ouens,

Adam is jammer dat sy blog so onaktief is die laaste tyd. Behalwe vir FaceBook wat baie tyd opneem, het Adam geweldig baie dinge om oor te dink en besluite om te neem. Gun hom dus maar die blaaskansie.

Baie liefde,

Ekke.

Labels: ,

Friday, June 08, 2007

Besluit geneem...

Dis vanaand my 10 jaar reunie.
Dit kos R280-00.
Ek gaan dit nie bywoon nie.
Ek vermoed dis 'n ego ding...

Labels: , ,

Wednesday, June 06, 2007

Het ek alweer die memo gemis...?

Het die regering alweer die winter- en somerreënvalstreke omgeruil. Daai ouens maak my soms regtig deurmekaar.
Vandag het dit gereën en gehael in Pretoria! Hier is die evidence:



Labels: ,

Tuesday, June 05, 2007

Jack Handley

Danksy Die Pienk Zuit het ek vandag kennis gemaak met ene Jack Handley. Nog altyd was ek versot op Saturday Night Live, maar eers vandag het ek uitgevind dat die bogenoemde meester vir meeste van my lagbuie verantwoordelik was. Hier is 'n paar van sy 'diep gedagtes', soos hyself daarna verwys:

"The crows seemed to be calling his name, thought Caw."

"A funny thing to do is, if you're out hiking and your friend gets bitten by a poisonous snake, tell him you're going to go for help, then go about ten feet and pretend that you got bit by a snake. Then start an argument with him about who's going to go get help. A lot of guys will start crying. That's why it makes you feel good when you tell them it was just a joke."

"I think a good gift for the president would be a chocolate revolver, and since he's so busy, you'd probably have to run up real quick and hand it to him."

"I think a good novel would be where a bunch of men on a ship are looking for a whale. They look and look, but you know what? They never find him. And you know why they never find him? It doesn't say. The book leaves it up to you, the reader, to decide. Then at the very end, there's a page you can lick, and it tastes like Kool-Aid."

"If you go flying back through time, and you see somebody else flying forward into the future, it's probably best to avoid eye contact."

"If you're robbing a bank, and your pants suddenly fall down, I think it's OK to laugh, and to let the hostages laugh too, because come on, life is funny."

"Many people never stop to realize that a tree is a living thing, not that different from a tall leafy dog that has roots and is very quiet."

En toe maak ek amper my broek nat:
"In weightlifting, I don't think sudden, uncontrolled urination should automatically disqualify you."


Lees nog Deep Thoughts hier en hier.

Labels: ,

Sunday, June 03, 2007

Random foto val uit 'n boks...



Goeie tye in die bosveld
Posted by Picasa

Post #116: Goeters wat "Prrr-prrr-prr" maak...

My dierbare mevrou,

Bo in my kas lê 'n koffer. Hy word min gebruik, aangesien ek min ver genoeg weggaan om 'n hele een vol te maak.

Ek beplan tans 'n reis, waarvan ek moontlik nie gaan terugkeer nie. Daar is dinge wat hier rondstaan wat nie in die koffer gaan pas nie, en dinge wat wel in die koffer sal pas, maar definitief nie die reis sal oorleef nie. Een van daai dinge sit tans langs my en maak "Prrr-prrr-prrr".

Hierdie reis is van so aard dat ek sekere van my besittings vooraf sal verkoop, aangesien ek dit nie kan saamneem nie, en dus geen nut meer daarvoor gaan hê nie. Ek sal egter altyd, altyd, nut hê vir 'n ding wat "Prrr-prrr-prrr" maak (veral as mens jou hand daarop laat rus).

Aan die ander kant is hier twee sulke ander goeters wat "Whaf-whaf-whaf" maak sodra daar 'n vreemde geluid buite my huisie is. Ek is nie so geheg aan hierdie twee goeters nie. (Oja, ek het vergeet om te noem dat daar in der waarheid twee goeters is wat "Prrr-prrr-prrr" maak, ek net na een verwys aangesien hy nou langs my staan).

Daar is klaarblyklik maniere waarop mens sulke voorwerpe deel van 'n mens se reis kan maak, maar ek vermoed dit gaan baie beplanning, mannekrag, en monitêre insette verg. Dit laat my wonder of dit op die ou einde die moeite werd sal wees. Maar ek hou tog so van 'n ding wat "Prrr-prrr-prrr" maak. Veral van hierdie ene langs my. Hy het nou al so op my gegroei. En hy is so 'n verweefde deel van my daaglikse bestaan dat ek bang is vir die leemte wat daar sonder hom gaan wees.

Gelukkig het ek nog baaaie tyd om te besluit...

Groetnis,

A.

Labels: , ,