Thursday, December 21, 2006

We wish you a merry Christmas...

... and a happy recuperation for the days thereafter!


Ek het pas met my ma gepraat oor die naweek, en hoe die etes gaan werk.

Ons wou oorspronklik gaan uiteet Kersdag, om almal 'n helse gekook en vuil kombuis te spaar, maar selfs die goedkoop plekke vra hierdie jaar R200+ per kop... Toe val ons maar terug op plan A: kook self 'n feesmaal.

Kom ek deel net met jou die logistiek van die naweek van 23, 24 en 25 Desember 2006:

Saterdagaand kom ouboet en familie terug van hul Kaapse wegbreek, en val by die moeder in die huis. (Hy het drie woelige seunskinders van onderskeidelik 11, 7, en 6).

Ek slaap Saterdagaand ook by die moeder, want ons moet onsself Sondagoggend 8:30 anderkant Krugersdorp bevind (Moeder woon in Centurion, so dis darem nie te ver nie...). Boetie nommer twee se eersteling word Sondag gedoop. Dis net hier waar die papaja die lugversorger tref. Moeder dog na die tyd is daar 'n ligte ete by die skonies. Ha-ha. Heellaas nie. Tannie Sunet beplan 'n moerse fees vir haar eerste kleinkind se eerste mylpaal! Moeder is gevra om ook asseblief 'n dis te berei...

Na feesmaal nommer een pak ons almal af terug Centurion toe. Kleinkind met die nuwe naam en ouers inkluis.

(Ter wille van jou eie sanity wil ek net gou verduidelik: Ons is vyf (5) kinders in ons gesin. Moeder het agt (8) kleinkinders. My een sus en familie sal nie die naweek by wees nie. Dus, sal daar vier van ons wees - almal behalwe my eie gade inkluis. Sus wat nie kom nie het een dogter. Dus, van die 8 kleinkinders gaan daar sewe wees.)

(Bogenoemde verduideliking sluit nie my stiefpa se telge in nie...)

Nou is ons 9 grootmense (Ma en man, ouboet en vrou, middelkind en man (hulle het ook 3 woelige kinders van 9, 8, en 4), ander boet en vrou, en ekke), en 8 kinders. Die een met die nuwe naam tel seker nie regtig nie, aangesien hy nognie kan hol-en-gil nie.

Dan is dit tyd vir die boom.

Daar is gewoonlik 'n berg geskenke. Almal spreek gewoonlik af dat daar nie vir mekaar se families gekoop word nie, maar dan gebeur dit inelkgeval! 'n Leeftyd later is al die geskenke uitgedeel, en 'n nog groter hoop geskeurde geskenkpapier lê in die middel van die vloer. Dan gaan haal een van die ma's 'n swart sak en begin die papier daarin bondel. Die ander ma's help hiermee. Die mans gaan sit dan buite (as dit nog lig is), of iewers anders waar lig is (as dit al donker buite is), en vra mekaar of hulle dalk weet wanneer ons gaan eet...

Moeder deel my mee oor die foon dat sy voel ons nie so honger gaan wees na feesmaal nommer een nie, en dat ons maar 'n eenskottel gereg gaan maak vir Sondagaand. "Sodat daar darem net iets in die huis is as iemand wil eet." Sal seker een van my ma se staatmaker pasta geregte wees. As mens vyf kinders grootgemaak het het jy baie sulke staatmakers om op terug te val...

Maandag is Kersfees.

Ons sal seker almal opruk kerk toe. Daarna terug-ruk huistoe. Dan sal iemand Handel se Halleluja koor aan skakel. Dis 'n tradisie wat my eie pa begin het - hy het 'n Deutsches Grammaphon plaat gebruik met die mooiste opname (dieselfde plaat is nog iewers vol stof onder in 'n kas - gaar gespeel). My ma het ons 'n paar jaar terug aan die tradisie herinner, en dit het weer herleef. Dis iets baie spesiaal en persoonlik vir ons almal. Dan kry my ma trane in haar oë. Dan steek dit die sussies aan. En die boeties kry knoppe in hul kele. En die skonies raak een-een ongemaklik en verdwyn agter deure en/of bome.

As al die knoppe weg gesluk is word tee bedien, en die skonies maak weer hul verskyning.

Terwyl ons vir middagete wag, bedien moeder 'n bohle (ek sien mense spel dit deesdae bola...). 'n Vrugte pons vir die van julle wat nie begryp waarvan ek praat nie. A fruit punch for you that are English.

Dan uiteindelik: Middagete. Die groot fees!

Moeder het dit goed gedink om te delegeer. Dit is op die ou end maar beter. Dan is sy nie die enigste een met 'n vuil kombuis nie.

Op die menu is die volgende:

My een stiefsus gaan haar berugte "Sauvignon Blanc gemarineerde oondgebakte Camembert" vir voorgereg maak. Bedien met vrugte en vye konserf.

Vir hoofgereg:

Noorweegse salm.
Gerookte varkboud met glasuursel en tuisgemaakte mosterdsous.
Drie slaaie (moeder se alomteenwoordige lagieslaai, en twee ander wat ek gaan maak).

Vir nagereg:

Casata (ie. tuisgemaakte roomys met 'n doppie brandewyn en glacé vrugte).
Moeder het besluit vanjaar gaan sy die Casata bietjie op-zoesh. Sy gaan die bak vooraf met gesnyde swiss roll uitvoer. Dan kom die roomys binne in. Dan word die spul uitgekeer, en gooi sy 'n sjokolade ganasch (spel?) bo-oor. Klink dodelik.

Vir die mense wat die ete oorleef het, of wat te versadig was om huistoe te ry, is daar teen vieruur koffie en vrugtekoek...

Daarna spat almal uitmekaar, en is Kersfees min of meer verby.



Nouja. As ek dit als oorleef, sal ek seker eers weer in die nuwejaar van my laat hoor.

Julle almal moet 'n vreugdevolle feestyd beleef, en baie voorspoed vir die jaar wat kom.


My wens vir jou en jou familie is liefde.


Ons praat in die toekoms weer...

Wednesday, December 20, 2006

Lilu...

I am Lilu, the Inca boy.

My hair is red, and my dress is blue. I like blue a lot.
My heart is big, pure and full of potential.
I like wearing dresses.
I am a boy in a dress.
How does that make you feel?

I feel great.

Yesterday evening I received a new nickname.
I was wearing a light blue dress.
The colour of the sky on a dry winter morning.
Someone made a joke and I instantly became The Smurf.

I think this one is going to stick.

From now on I'll be known as Lilu: the Inca Smurf boy...

Monday, December 11, 2006

Wat ek die naweek geleer het... (8)

Los die ophang van dakwaaiers oor aan bevoegde skoonpa's. Hulle weet presies hoe om dit te doen...

Thursday, December 07, 2006

My ander blog...

Weird. Nee, kaselleer daai gedagte! Wonderbaarlik!

So twee weke gelede probeer ek my eerste blog delete. Hy wil nie. Ek probeer dit herhaaldelik. Hy wil nie. Ek probeer die volgende dag weer. Hy wil nie.

Gisteraand het ek 'n epiphamy. Ek wil my dankbaarheid op my blog neerpen, maar as ek dit op my gewone ene doen gaan mense dalk belangstelling verloor, en nooit weer terugkom nie. So, onthou ek van my dormante blog. Hy is dormant. Ek gebruik hom gladnie. Nou het ek nuwe lewe in hom geblaas, en kry hy 'n baie belangrike rol. Indien nie die belangrikste rol in my lewe nie.

Ek volg van nou af die Smarties filosofie in die lewe, nl. "What a lot I got!" En ek wil dankie sê vir alles wat ek het.

Ek sê dankie.

Gaan lees oor Adam se Wêreld...

Wednesday, December 06, 2006

Post # 60: Die Adam boom...


Die 23e grootste boom in die wêreld is 'n Giant Sequoia (Sequoiadendron giganteum) - oftewel 'n Sierra Redwood - met die naam: Adam.

Hy is 247.4 voet hoog, en 82.2 voet in omtrek. Sy volume beslaan 36,600 kubieke voet. (Kan iemand dit asseblief vir my omskakel in meters?) Hy is die 21e grootste Sequoia in die wêreld. Hy woon in die "Middle Tule Grove" in die "Tule River and Kern River watersheds". Dit is in die Sequoia National Park in California.

Kyk na die verskillende Sequoia Groves.

Lees meer oor die Giant Sequoia.

Tuesday, December 05, 2006

Wat ek die naweek geleer het... (7)

Ek was die naweek op 'n kursus wat my realiteit verander het. Ek het fokken baie geleer! Ek is nog in die proses om alles te verwerk en te integreer...

Friday, December 01, 2006

Random Question Tag...

Hey,

Ek het hierdie vraelys op Triggermap se blog gekry. Copy en past hom op jou blog met jou eie antwoorde.

Enjoy.



1) Take a book nearest you, go to page 18 and write the 4th line: "power sources."

2) Without checking, what time is it? 9h45

3) Check : 9h35

4) What are you wearing? A white t-shirt with a blue stitched on cross from Mr.P. Blue Cargo pants in a light sinthetic material from Hang Ten. A white Jockey brief. Blue socks. Blue Crocs.

5) Before answering this questionaire, what were you watching? Triggermap's blog.

6) What noise can you hear besides that of the computer? Aircon.

7) When you went out the last time,what did you do? Took my cat (the woman of our house) to the vet. She was bitten by a dog yesterday evening. She is waiting for an op to clean the wounds...

8) Did you dream last night? I think so.

9) When was the last time you laughed? Out loud? Last night.

10) What is on the walls in the roomwhere you are? Boss' Certificates. Weird painting of girls and spiders. A wire t-rex with a wind chime in his mouth and bead dragonflies tied to his feet. A carpet. Two wire fish. A clock.

11) If you became a multi-millionaire over-night, what would be the first thing you’d buy? Two x Mercedes Benz. One for me and one for An3s.

12) What is the last film you saw? In a cinema? Can't remember. On DVD? The Secret.

13) Did you see something strange today? A Telcom bakkie being driven by a black woman.

14) What do you think of this questionaire? I like.

15) Tell us something about yourself that we don’t already know? I have only two jockeys that is not white.

16) What would be the first name of you child if it were a girl? Never pondered girls before.

17) What would be the first name of you child if it were a boy? Simion or Storm (the Afrikaans pronunciation for both) .

18) Have you ever thought about living overseas? Yes. Boston.

19) What would you like God to say to you when you reach the heavenly gate? What took you so long?

20) If you could change something in the world, outside of politics? Make everyone understand that he or she as an individual is worth something, without exception.

21) Do you like to dance? Sometimes.

22) Georges Bush? Comic relief.

23) What is the last thing you watched on TV? Part of Gray's Anatomy.

24) Name 4 people who also have to copy the questions and give answers? Whoever wants to - no pressure :)